21 Dae GebedVoorbeeld
Lank voor die apostel Paulus bekend was as 'n man van God, was hy Saulus genoem. Voor hy die Here ontmoet het, was hy 'n gevreesde en onverbiddelike man, die laaste persoon wat enige iemand dalk sal dink 'n kind van die Here sal wees. Maar Saulus het die Here Jesus ontmoet en 'n kind van God geword.
Ananias was deur die Here gestuur na Saulus toe. As teken dat Saulus nou 'n opregte kind van God is, is daar vir Ananias gesê hy sal hom by 'n bepaalde plek vind en "hy sal besig wees om te bid".
Kinders van God bid! Dit is moontlik om te preek uit vals oortuigings of verkeerde motiewe. Dit is moontlik om mooi boeke te skryf, goeie toesprake te lewer en selfs om allerlei goeie dinge te doen maar steeds ver van God af te wees. Dink maar aan Judas.
'n Opregte kind van die Here soek na Hom. Hierdie soeke kan gesien word in die wyse waarop 'n kind van God sy of haar hart uitstort in gebed voor God. In gebed soek ons na sy wil.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/