Leesplan inligting

Meer As 'n TimmermanVoorbeeld

More Than a Carpenter

DAG 8 VAN 14

Die Evangelie: Feit of Legende?



Die Nuwe Testament is die hoofbron vir geskiedkundige inligting oor Jesus. Daarom het baie kritici oor die afgelope twee eeue die betroubaarheid van die Bybelse dokumente bevraagteken. Dit blyk daar is 'n aanhoudende aanslag wat geen geskiedkundige basis het of ongeldig bewys is deur argeologiese ontdekkings en navorsing nie.



Byvoorbeeld: die Duitse kritikus, Ferdinand Christian Baur (1792–1860), het aangeneem dat die meeste van die Nuwe Testamentiese geskrifte eers laat in die tweede eeu na Christus geskryf is. Teen die twintigste eeu het daar egter ekstra argeologiese ontdekkings na vore gekom. William F. Albright, wat die wêreld se mees vooraanstaande Bybelse argeoloog was, skryf as volg:



"Ons kan alreeds met sekerheid sê dat daar nie meer enige gronde is om enige van die boeke in die Nuwe Testament te dateer as min of meer voor 80 nC nie, twee volledige geslagte voor die datum tussen 130 en 150 wat deur die meer radikale Nuwe Testamentiese kritici van vandag gegee word."*1



Een van die hoof aanklagte teen die kritici se idee van die ontwikkeling van mondelinge oorvertellings, is dat die tydperk tussen die Nuwe Testamentiese gebeure en die optekening daarvan, nie lank genoeg is om die veranderinge van feit na legende, soos hierdie kritici beweer, toe te laat nie. Simon Kistemaker, 'n afgetrede professor, wat die Nuwe Testament aan die Hervormde Teologiese Kweekskool gedoseer het, skryf as volg: "Gewoonlik neem dit geslagte lank vir volksverhale van primitiewe kulture om te versamel; dit is 'n geleidelike proses wat oor eeue plaasvind."*2



A. H. McNeile, voormalige Regius-professor van goddelikheid, aan die Universiteit van Dublin, wys ook daarop dat kritici nie die tradisie wat met Jesus se woorde gepaardgaan so noukeurig hanteer as wat hulle moet nie. In die Joodse kultuur was dit belangrik dat 'n rabbi se presiese woorde noukeurig behou en oorgedra word. Byvoorbeeld: In 1 Korintiërs 7:10,12 en 25 sien ons die bestaan van 'n ware tradisie en die noukeurige bewaring daarvan. Dit was gebruiklik vir 'n Joodse student om die rabbi se leringe te memoriseer. 'n Goeie leerder was soos 'n "verseëlde watertenk wat nie 'n druppel verloor nie" (Mishna, Aboth, ii, 8).



Derhalwe skryf Jeffery L. Sheler, 'n godsdiensskrywer vir "US News & World Report": "Die Bybel en sy bronne bly stewig gegrond in die geskiedenis."*3



1. William F. Albright, Recent Discoveries in Bible Lands (New York: Funk en Wagnalls, 1955), 136.

2. Simon Kistemaker, The Gospels in Current Study (Grand Rapids, MI: Baker, 1972), 48–49.

3. Jeffery L. Sheler, Is the Bible True? (New York: HarperCollins, 1999), 41.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

More Than a Carpenter

Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumen...

More

Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid