Meer As 'n TimmermanVoorbeeld

More Than a Carpenter

DAG 11 VAN 14

Het Ek Dit Nie Al Vantevore Gehoor Nie?

"Niks in die Christendom is oorspronklik nie," is een van die mees algemene sinne wat kritici deesdae gebruik. In die onlangse verlede het baie geleerdes geglo dat die sentrale aansprake van die Christendom sonder toestemming uit Grieks-Romeinse geheime kultusse oorgeneem is. Jesus was net as nog 'n "sterwende en opkomende" god beskou soos Oesiris, Mitras, Adonis en Dionisus. Alhoewel hierdie teorie verbasend genoeg weer sy verskyning op die internet en in gewilde boeke gemaak het, staar dit amper 'n wêreldwye verwerping deur geleerdes in die gesig. Hier is die rede.

Alhoewel daar op die oppervlak baie ooreenkomste tussen Jesus en die geheime kultusse is, kan dit by nadere ondersoek nie staande bly nie. Oesiris is byvoorbeeld deur baie as 'n sterwende en opkomende god van antieke Egipte beskou. Volgens die legende is Oesiris deur Set doodgemaak en deur Isis lewendig gemaak. Eerder as om na die wêreld terug te keer in 'n opgestane liggaam, word Oesiris die koning van die onderwêreld — dit kan kwalik gelyk gestel word aan die geskiedkundige opstanding van Jesus. Dis hoekom Paul Rhodes Eddy en Greg Boyd, die skrywers van "The Jesus Legend" tot die gevolgtrekking gekom het dat "die verskille tussen die Christendom en die geheime kultusse baie dieper is as enige ooreenkomste. Daar is definitief parallelle terme wat in die vroeë Christendom en geheime kultusse gebruik is, maar daar is min bewyse van parallelle konsepte."*1

In teenstelling met die geskiedkundige Jesus, is daar geen bewyse vir die betroubaarheid van enige van die sogenaamde parallelle verhale in die geheime kultusse nie. Jesus van Nasaret het geëet, geslaap, wonderwerke verrig, gesterf en lewendig geword. Hierdie gebeure word deur betroubare geskiedkundige verslae ondersteun. In teenstelling daarmee, was die sterwende en opkomende gode van die geheime kultusse tydlose mites wat jaarliks met die veranderinge van die seisoene herhaal is.

Die mees onlangse wetenskaplike verhandeling oor sterwende en opkomende gode is geskryf deur T. N. D. Mettinger, professor aan die Universiteit van Lund. In "The Riddle of Resurrection", gee Mettinger toe dat die mites van sterwende en opkomende gode bestaan, maar dat dit 'n minderheidsopvatting is. Sy gevolgtrekking kap egter 'n spyker in die kis van die teorie van nabootsing:

"Daar is, sover ek bewus is, geen voldoende bewysstukke dat die dood en opstanding van Jesus iets is wat van mitologiese oorsprong is soos die mites en rites van die sterwende en opkomende gode van die omliggende wêreld nie. Terwyl dit met inagneming van die agtergrond van die Joodse opstandingsgeloof bestudeer word, behou die geloof in die dood en opstanding van Jesus sy unieke karakter in die geskiedenis van godsdienste. Die raaisel bly staan."*2

1. Paul Rhodes Eddy en Gregory A. Boyd, The Jesus Legend (Grand Rapids, MI: Baker Books, 2007), 142.
2. T. N. D. Mettinger, The Riddle of Resurrection: “Dying and Rising Gods” in the Ancient Near East (Stockholm: Almqvist en Wiksell, 2001), 221.
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

More Than a Carpenter

Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumente omtrent geloof lees, van 'n skeptikus wat 'n gelowige geword het. Josh McDowell wou die bewerings van Jesus Christus weerlê, maar die bewyse wat hy gevind het, het juis die teenoorgestelde tot gevolg gehad. Kom oorweeg die feite. Ervaar God se liefde en kyk dan wat gebeur.

More

Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/