Leesplan inligting

Meer As 'n TimmermanVoorbeeld

More Than a Carpenter

DAG 9 VAN 14

Is Bybelgeskrifte Betroubaar?



Ons behoort die geskiedkundige betroubaarheid van die Skrif aan dieselfde streng maatstawwe te meet as wat ons vir alle geskiedkundige dokumente gebruik.



Ons moet weet hoeveel manuskripte bewaar gebly het, of daar betroubare afskrifte is, of die afskrifte eenvormig is, en weet wat die tydsduur tussen die oorspronklike en bestaande afskrifte is, om ons te help om seker te wees dat die geskrifte wat ons het dié is wat oorspronklik geskryf is. Craig Blomberg, 'n voormalige senior navorsingsgenoot aan die Universiteit van Cambridge in Engeland, en nou 'n professor in die Nuwe Testament aan die Denver Kweekskool, verduidelik dat die geskrifte van die Nuwe Testament "in groter hoeveelhede en met meer versorging bewaar gebly het as enige ander antieke dokumente." Blomberg het tot die gevolgtrekking gekom dat “97–99% van die Nuwe Testament bo enige redelike twyfel gerekonstrueer kan word."*1 Oorweeg die volgende: vanaf 2009 bestaan daar meer as twintig duisend afskrifte van die Nuwe Testamentiese geskrifte. Die Ilias, wat tweede in manuskripgesag is ná die Nuwe Testament, het slegs 643 manuskripte wat bestaan.



'n Mens moet egter nog bepaal tot watter mate 'n oorspronklike geskrif akkuraat deur die skrywer opgeteken is. Die vermoë van 'n skrywer om die waarheid te vertel, hou nou verband met die getuie se geografiese sowel as chronologiese nabyheid aan die gebeure wat opgeteken word. Die Nuwe Testamentiese weergawe van die lewe en lering van Jesus, is opgeteken deur manne wat óf self ooggetuies was óf wat die verhale van ooggetuies van die werklike gebeure of leringe van Christus vertel het. Kyk na Lukas 1:1-4 as 'n voorbeeld. Geleerdes erken Lukas se geskiedkundige akkuraatheid. John McRay, 'n professor in die Nuwe Testament en argeologie aan Wheaton Kollege, sê: "Die algemene konsensus van beide liberale en konserwatiewe geleerdes is dat Lukas 'n baie noukeurige geskiedkundige is."



"Hy is geleerd, hy is welsprekend, sy Grieks is na aan klassieke kwaliteit, hy skryf as 'n opgevoede man, en argeologiese ontdekkings wys oor en oor dat Lukas akkuraat is in wat hy te sê het."*2



Daar is inderdaad baie eksterne bewyse buite die Skrif wat ook die getuienis daarvan bevestig. In "The Historical Jesus: Ancient Evidence for the Life of Christ", dokumenteer Gary Habermas noukeurig die eksterne Bybelse bewyse van die geskiedkundige Jesus. Griekse, Romeinse en Joodse dokumente ondersteun die hoof elemente van die lewe, bediening en dood van Jesus.



As 'n mens dan die Bybel as geskiedkundig onbetroubaar beskou, moet hy of sy alle geskiedkundige literatuur in die wind slaan. Geen ander dokument het so baie bewyse om die betroubaarheid daarvan te bevestig nie.



1. Craig L. Blomberg, “The Historical Reliability of the New Testament,” in William Lane Craig, Reasonable Faith (Wheaton, IL: Crossway, 1994), 226.

2. John McRay, aangehaal in Lee Strobel, The Case for Christ (Grand Rapids, MI: Zondervan, 1998), 97.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

More Than a Carpenter

Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumen...

More

Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid