Meer As 'n TimmermanVoorbeeld

More Than a Carpenter

DAG 13 VAN 14

Sal die Ware Messias Asseblief Opstaan?

Van al die getuigskrifte wat Jesus gehad het om sy bewering dat Hy die Messias en die Seun van God is, te ondersteun, word een van die belangrikstes dikwels misgekyk: hoe sy lewe so baie antieke profesieë vervul het.

Die Ou Testament, wat oor 'n tydperk van 'n duisend jaar geskryf is, bevat sestig belangrike messiaanse profesieë en ongeveer 270 gevolge wat in die persoon, Jesus Christus, vervul is. As ons die wetenskap van waarskynlikheid gebruik, vind ons dat die kanse van 48 van hierdie profesieë om in een persoon vervul te word, ongeveer een uit 10157 is.

Die waarskynlikheid dat hierdie profesieë en die gevolge daarvan in een man moontlik is, word verder bemoeilik deur die feit dat al hierdie profesieë ten minste 400 jaar voor Hy verskyn het gemaak is. Sommige mag voorstel dat hierdie profesieë neergeskryf was na Christus op aarde was en opgemaak is om saam te val met gebeure in sy lewe. Is dit moontlik? Nee, want die Griekse vertaling van die Hebreeuse Ou Testament het tussen 150-200 nC plaasgevind. Dit beteken dat daar omtrent 'n 200 jaar gaping is tussen die optekening van die profesieë en hul vervulling in Christus.

Die presiese afkoms van Jesus — vanaf Noag tot Sem (Genesis 9 en 10), vanaf Abraham tot Isak (Genesis 12:1-3; 17:1-8; 17:19-21; 21:12; 22:15-18), vanaf Jakob tot Juda (Genesis 28:1-4; 35:10-12; Numeri 24:17), vanaf Isai tot Dawid (Jesaja 11:1-5; 2 Samuel 7:12-16; Jeremia 23:5) — vervul God se profesieë. God het selfs die tydperk vasgestel wat hierdie man sou onderskei. Byvoorbeeld: Maleagi 3:1 en vier ander Ou Testamentiese verse het vereis dat die Messias moes kom terwyl die tempel van Jerusalem nog gestaan het (lees Psalm 118:26; Daniël 9:26; Sagaria 11:13; Haggai 2:7-9).*1 Dit is van groot betekenis wanneer ons besef dat die tempel in 70 nC vernietig is en sedertdien nie herbou is nie. 'n Profesie van 1012 vC voorspel ook dat hierdie man se hande en voete deurboor sal word en dat hy gekruisig gaan word (lees Psalm 22:6-18; Sagaria 12:10; Galasiërs 3:13). Hierdie beskrywing van die manier waarop hy sou sterf, is 800 jaar voor die tyd geskryf toe die Romeine kruisiging as 'n metode van teregstelling gebruik het.

Dis maar net drie van die honderde besonderhede wat Jesus as die Seun van God, die Messias en die Verlosser van die wêreld identifiseer. Ongeveer 40 mans het al beweer dat hulle die Joodse Messias is. Net een — Jesus Christus — kon egter aanspraak maak op vervulde profesieë om sy bewerings te staaf en slegs sy lewe op aarde staaf daardie bewerings.

1. Vir 'n meer volledige bespreking oor die Daniël 9 profesie, lees Josh McDowell se boek "The New Evidence That Demands a Verdict" (Nashville: Nelson, 1999), 197–201.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

More Than a Carpenter

Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumente omtrent geloof lees, van 'n skeptikus wat 'n gelowige geword het. Josh McDowell wou die bewerings van Jesus Christus weerlê, maar die bewyse wat hy gevind het, het juis die teenoorgestelde tot gevolg gehad. Kom oorweeg die feite. Ervaar God se liefde en kyk dan wat gebeur.

More

Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/