Meer As 'n TimmermanVoorbeeld
Kan Jy 'n Goeie Persoon Onderkry?
"Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: 'Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.'
Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie. Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol. Daarna het die ander dissipel, wat eerste by die graf gekom het, ook ingegaan, en hy het dit ook gesien en geglo. Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie" (Johannes 20:1-9).
Nadat Jesus ter dood veroordeel is, is sy klere uitgetrek en is Hy voor sy kruisiging, volgens Romeinse gebruik, met 'n sweep geslaan. Gegewe die wreedaardigheid van die sweepslae, sowel as die daaropvolgende kruisiging, is dit geskiedkundig seker dat Jesus dood was. Selfs die lede van die radikale Jesus Kweekskool, wat in die 1990s baie gewild was, het die dood van Jesus aanvaar. Dis hoekom John Dominic Crossan sê dat Jesus se dood deur middel van die kruisiging "so seker is as enigiets geskiedkundig ooit kan wees."*1
Dan, in ooreenstemming met die Joodse begrafnisgebruike, is Jesus se liggaam in 'n soliede rotsgraf geplaas en 'n baie groot klip, wat omtrent twee ton weeg, is met behulp van hefbome voor die ingang gerol (lees Matteus 27:60).
Streng gedissiplineerde Romeinse soldate moes voor die graf waghou. Vrees vir straf het gesorg dat hierdie manne "hulle diens baie ernstig opgeneem het, veral tydens die nagwaak."*2 Hierdie wagte het die klip verseël met 'n Romeinse seël, 'n stempel van Romeinse mag en gesag.*3
Ten spyte van die wagte en die seël, was die graf op die derde dag na Christus se kruisiging leeg. Die massiewe klip was nie net van die ingang af weggerol nie, maar weg van die hele graf af. Dit het gelyk asof iemand dit opgetel en weggedra het.*4
Sommige mense is voorstanders van die idee dat die apostels Jesus se liggaam gesteel het. J. N. D. Anderson sê egter: "Dit is in teenstelling met alles wat ons omtrent hulle weet; hul etiese lering, die gehalte van hulle lewens, hul standvastigheid in beproewing en vervolging."*5 Indien, soos sommige beweer, die dissipels bloot na die verkeerde graf gegaan het ... of as die owerhede die liggaam verskuif het ... of selfs al was die verskyning van Jesus na die opstanding slegs hallusinasies, hoekom het hulle wat teen Jesus gekant was nie net sy liggaam te voorskyn gebring en so die gerug van 'n opstanding vir altyd effektief onderdruk nie?
Arthur Michael Ramsey, voormalige aartsbiskop van Canterbury, skryf: "Ek glo in die opstanding, deels omdat 'n reeks feite ontoerekeningsvatbaar is daarsonder."*6 Die leë graf was "te berug om ontken te word."*7 Duitse teoloog Paul Althaus verklaar dat die bewering van die opstanding "nie vir 'n enkele dag of uur in Jerusalem in stand gehou sou kon word as alle betrokkenes nie die leë graf as 'n feit erken het nie."*8
1. John Dominic Crossan, Jesus: A Revolutionary Biography (New York: HarperOne, 1995), 145.
2. George Currie, The Military Discipline of the Romans from the Founding of the City to the Close of the Republic. 'n Uittreksel uit 'n tesis, gepubliseer onder die beskerming van die Nagraadse Raad van die Universiteit van Indiana, 1928, 41–43.
3. A. T. Robertson, Word Pictures in the New Testament (New York: R. R. Smith, 1931), 239.
4. Josh McDowell, Evidence That Demands a Verdict (San Bernardino, CA: Campus Crusade for Christ International, 1973), 231.
5. J. N. D. Anderson, Christianity: The Witness of History (London: Tyndale Press, 1969), 92.
6. Arthur Michael Ramsey, God, Christ and the World (London: SCM Press, 1969), 78–80.
7. James Hastings, red., Dictionary of the Apostolic Church (New York: C. Scribner’s Sons, 1916): 2:340.
8. Paul Althaus, aangehaal in Wolfhart Pannenberg, Jesus—God and Man, vertl. Lewis L. Wilkins en Duane A. Priebe (Philadelphia: Westminster Press, 1968), 100.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumente omtrent geloof lees, van 'n skeptikus wat 'n gelowige geword het. Josh McDowell wou die bewerings van Jesus Christus weerlê, maar die bewyse wat hy gevind het, het juis die teenoorgestelde tot gevolg gehad. Kom oorweeg die feite. Ervaar God se liefde en kyk dan wat gebeur.
More
Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/