Leesplan inligting

Meer As 'n TimmermanVoorbeeld

More Than a Carpenter

DAG 7 VAN 14

Was Jesus 'n Gek?



As dit vir ons ondenkbaar is dat Jesus 'n leuenaar was, kon Hy nie dalk Homself verkeerdelik as God beskou het nie? Dit is wel moontlik om opreg en verkeerd te wees. Ons moet egter in gedagte hou dat vir iemand om verkeerdelik van homself as God te dink, veral in die konteks van 'n streng monoteïstiese kultuur, en om ander dan te vertel dat hulle ewige tuiste afhang van hulle geloof in hom, nie 'n geringe verbeeldingsvlug is nie, maar die dwalings en gebrabbel van 'n volslae gek. Is dit moontlik dat Jesus Christus versteurd was?



Deesdae sou ons iemand wat glo dat hy God is op dieselfde manier behandel as wat ons iemand behandel wat glo hy is Napoleon. Ons sou hom beskou as bedrieglik en self-misleidend. Ons sou hom toesluit sodat hy nie homself of enige iemand anders kan beseer nie. In Jesus merk ons egter nie die abnormaliteite en ongebalanseerdheid op wat met sulke waansin gepaard gaan nie. As Hy kranksinnig was, was sy houding en gedrag niks minder as uitsonderlik wees nie.



Hier is 'n man wat party van die mees diepgaande woorde geuiter het wat nog ooit opgeteken is. Sy opdragte het baie mense wat in geestelike slawerny was, vry gemaak.



Die psigiater J. T. Fischer, verklaar die volgende: "Indien jy al die gesaghebbende artikels wat ooit deur die mees gekwalifiseerde sielkundiges en psigiaters oor die onderwerp van geestelike gesondheid geskryf is neem — en dit alles bymekaarsit en verfyn en die onnodige woorde uithaal — en jy bekwame skrywers gebruik om hierdie onvervalste brokkies van wetenskaplike kennis bondig saam te vat, sal jy 'n lomp en onvolledige opsomming van die bergrede kry. En dit sal nie met die ware Jakob vergelyk kan word nie. Vir amper tweeduisend jaar het die Christelike wêreld die volledige antwoord vir sy rusteloosheid en onvervulde verlangens in sy besit gehad. Hier ... is die bloudruk te kry vir 'n mens se suksesvolle lewe met optimisme, geestelike gesondheid en tevredenheid."*1



Om daardie rede kan ekself nie aflei dat Jesus 'n leuenaar of kranksinnige was nie. Die enigste ander alternatief is dat Hy die Christus, die Seun van God was — en is — wat Hy beweer het.



1. James T. Fisher en Lowell S. Hawley, A Few Buttons Missing (Philadelphia: Lippincott, 1951), 273.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

More Than a Carpenter

Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumen...

More

Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid