Leesplan inligting

Meer As 'n TimmermanVoorbeeld

More Than a Carpenter

DAG 6 VAN 14

Was Jesus 'n Leuenaar?



Jesus het beweer dat Hy God is. Sy aanspraak moet óf waar óf vals wees en elkeen behoort dit dieselfde soort oorweging te gee as wat Hy van sy dissipels verwag het toe Hy hulle die vraag gevra het in Matteus 16:15.



As Jesus geweet het sy bewering is vals, het Hy 'n leuen vertel en doelbewus sy volgelinge mislei. As Hy 'n leuenaar was, was Hy ook 'n skynheilige, omdat Hy ander geleer het om ten alle koste eerlik te wees. Wat nog erger is, as Hy gelieg het, was Hy 'n demoon omdat Hy ander vertel het om Hom vir hulle ewige tuiste te vertrou. As Hy nie sy bewerings kon staaf nie en dit geweet het, was Hy boos om sy volgelinge met sulke valse hoop te mislei. Laastens sou Hy ook 'n dwaas wees, want sy bewerings dat Hy God is, het tot sy kruisiging gelei — bewerings wat Hy kon terugtrek om Homself op die nippertjie te red.



Dit verbaas my om te hoor dat so baie mense sê dat Jesus maar net 'n goeie morele leraar was. Kom ons wees realisties. Hoe kon Hy 'n goeie morele leraar wees en mense wetend mislei aangaande die belangrikste punt van sy lering — sy eie identiteit?



Om tot die gevolgtrekking te kom dat Jesus 'n opsetlike leuenaar was, stem nie ooreen met wat ons van Hom of van die resultate van sy lewe en leringe weet nie. Waar Jesus ook al verkondig is, sien ons lewens ten beste verander, nasies verander ten goede, skelms word eerlike mense, alkoholiste word sober, haatdraende mense begin liefde uitstraal en onregverdige mense begin regverdigheid aanhang.



Die geskiedkundige Philip Schaff sê: "Hoe in die naam van logika, gesonde verstand en ervaring, kon 'n bedrieër — wat 'n bedrieglike, selfsugtige, verdorwe man is — die suiwerste en edelste karakter wat in die geskiedenis bekend is, uitgedink en deurgaans van die begin tot die einde met opregtheid in stand gehou het? Hoe kon Hy 'n plan van ongeëwenaarde weldaad, morele omvang en verhewenheid uitgedink en uitgevoer het en sy eie lewe daarvoor opgeoffer het in die aangesig van die sterkste vooroordele van sy mense en tyd?"*1



Iemand wat soos Jesus gelewe het, soos Jesus onderrig gegee het, en gesterf het soos Jesus, kon nie 'n leuenaar gewees het nie.



1. Philip Schaff, The Person of Christ (New York: American Tract Society, 1913), 94–95.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

More Than a Carpenter

Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumen...

More

Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid