Leesplan inligting

Meer As 'n TimmermanVoorbeeld

More Than a Carpenter

DAG 5 VAN 14

Wat Maak Jesus So Anders?



Jy kan oor God praat en mense sal nie eintlik ontsteld raak nie, maar maak melding van Jesus en mense staak die gesprek. Hoekom gee die name van Boeddha, Mohammed of Confucius nie vir mense aanstoot soos die naam van Jesus nie?



Ek dink die rede is dat hierdie ander godsdienstige leiers nie daarop aanspraak gemaak het dat hulle God is nie. Dit was nie lank voor mense wat vir Jesus geken het, begin besef het dat hierdie timmerman van Nasaret verstommende bewerings oor Homself gemaak het nie. Dit was duidelik dat hierdie bewerings Hom geïdentifiseer het as meer as net 'n profeet of leraar. Hy het sonder skroom beweer dat Hy deel van die godheid is.



Terwyl ek 'n lesing gegee het in 'n letterkunde klas aan 'n universiteit in Wes-Virginia, het 'n professor my onderbreek en gesê dat die enigste evangelie waarin Jesus beweer dat Hy God is, dié van Johannes was en dat dit die laaste een is wat geskryf was. Hy het toe beweer dat Markus, die vroegste evangelie, nooit een keer genoem het dat Jesus beweer dat hy God is nie.



In reaksie hierop, het ek na die evangelie van Markus verwys: "Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: 'Vriend, jou sondes word vergewe!'” (Markus 2:5 en ook Lukas 7:48-50). Volgens Joodse teologie kon net God so iets sê. Jesaja 43:25 sê dat net God alleen sondes kan vergewe.



Hierdie konsep van vergifnis het my vir 'n lang tyd gepla, omdat ek dit nie verstaan het nie. Een dag in die filosofieklas, het 'n student vir my gesê dat hy mense kon vergewe sonder om te beweer dat hy God is. Mense doen dit gedurig. Terwyl ek nagedink oor wat die man gesê het, het ek skielik die antwoord gekry. Ja, iemand kan sê: "Ek vergewe jou," maar net as hy die een is teen wie die sonde gepleeg is. As jy teenoor my sondig, het ek die reg om jou te vergewe. As jy egter teenoor iemand anders sondig, het ek nie daardie reg nie. Die verlamde man het nie teenoor Jesus gesondig nie; die twee manne het mekaar nog nooit vantevore gesien nie. Die verlamde man het teenoor God gesondig. Toe daag Jesus op, wat in sy eie gesag sê: "Jou sonde is vergewe." Ja, ons kan sonde wat teenoor ons gepleeg word vergewe, maar niemand kan enigsins sonde vergewe wat teenoor God gepleeg is, behalwe God self nie. Tog is dit presies wat Jesus beweer het Hy kan doen — en hoekom daar so 'n groot verskil tussen Hom en ander godsdienstige leiers is.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

More Than a Carpenter

Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumen...

More

Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid