Leesplan inligting

Meer As 'n TimmermanVoorbeeld

More Than a Carpenter

DAG 4 VAN 14

Is die Christendom 'n Vloek?



Die Nuwe Ateïste glo dat die Christendom nie net vals is nie, maar ook boos. Hulle verwys herhaaldelik na geskiedkundige gebeure soos die slegte behandeling wat Galileo gekry het, die gruweldade van die Kruistogte, die Inkwisisie en die Salem hekse verhore, sowel as die hedendaagse seksuele mishandeling van kinders deur Katolieke priesters, as bewys van die wreedhede van die Christendom.



Mense het ongetwyfeld vreeslike dinge in die naam van Christus gedoen. Hoekom moet die Christendom die blaam dra as dit mense is wat die teenoorgestelde doen as wat Jesus verkondig het? Het Jesus die verbranding van hekse voorgestaan? Het Jesus sy volgelinge aangemoedig om ketters te martel? Natuurlik nie. Jesus het inderwaarheid die teenoorgestelde verkondig. Hy het vir hulle gesê om hul vyande lief te hê (Matteus 5:33), om uit te reik na mense wat deur die gemeenskap verstoot word (Matteus 8:3) en om hulle lewens vir ander op te offer (Johannes 15:13). Indien mense inderdaad leef soos Jesus gelewe het, sou geweld tien teen een iets van die verlede wees.



Hoe vaar ateïsme egter wanneer dit as die heersende filosofie van 'n spesifieke kultuur aanvaar word? Individuele ateïste kan goeie mense wees (en baie is), maar ateïsme is 'n filosofie wat meer ellende en bloedvergieting veroorsaak het as enige ander fundamentele wêreldbeskouing. Dink maar aan die meer as honderd miljoen mense wat deur twintig-eeuse ateïstiese regerings, soos kommunistiese China, kommunistiese Rusland en Nazi Duitsland vermoor is*1 Daar is nie 'n tweede wenner nie. David Berlinski, 'n sekulêre Jood wat sy PhD aan die Universiteit van Princetown ontvang het, glo dat een van die hoofredes vir sulke gruweldade die afwesigheid van absolute verantwoordbaarheid is: "Wat Hitler nie geglo het nie en wat Stalin nie geglo het nie en wat Mao Tse Tung nie geglo het nie en wat die SS nie geglo het nie en wat die Gestapo nie geglo het nie ... was dat God dopgehou het wat hulle besig was om te doen.*2



Alhoewel Christene ongetwyfeld ook sommige slegte dinge gedoen het, was die nalatenskap van die Christendom meestal positief. Christene het die eerste hospitale gebou, die Rooikruis begin, die beweging begin om slawerny te beëindig, universiteite tot stand gebring en was die voorlopers in die moderne wetenskap. Wanneer ons hierdie bewegings navors, wat die mees diepgaande bevryding van die mensdom gelei het, vind ons die evangelie as die kern van byna almal.



1. Dinesh D’Souza, What’s So Great about Christianity (Washington, DC: Regnery, 2007), 207.

2. David Berlinski, The Devil’s Delusion: Atheism and Its Scientific Pretensions (New York: Crown Forum, 2008), 26.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

More Than a Carpenter

Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumen...

More

Baie dankie aan Josh McDowell, Sean McDowell, en Tyndale House Uitgewers wat inhoud verskaf het wat aangepas is uit "More Than a Carpenter". Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.josh.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid