Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

DAG 14 VAN 14

Wat God oor hoogmoed sê (2)

Daar is 'n verhaal wat van Charles H. Spurgeon vertel word. Een Sondag het hy 'n besonder goeie boodskap gehad. Toe hy klaar gepreek het, het die duiwel vir hom kom sê dit was regtig 'n uitstekende preek. Vir 'n oomblik het hy saamgestem met die duiwel. Toe hy van die kansel af stap, het 'n diaken na hom toe gekom en gesê: "Meneer Spurgeon, dit was 'n meesterstuk." Spurgeon het geantwoord: “Vriend, jy is te laat. Die duiwel het dit 'n paar minute gelede reeds vir my gesê."

Trots vind dit moeilik om aandag aan ander te gee, die behoeftes van ander te verstaan en stel nie regtig belang om behoeftiges te help nie. Hulle het min genade en simpatie met die behoeftes van ander.

God waarsku baie radikaal teen hoogmoed.

Hoogmoed lei tot 'n geestelik-oppervlakkige lewe.

Trotse mense is in verwondering oor hulself.

Golda Meir, voormalige premier van Israel, het eenkeer vir iemand gesê: "Moenie nederig probeer wees nie, jy is nie so belangrik nie."

'n Hoogmoedige persoon vind dit onmoontlik om kritiek te aanvaar, maar is vrymoedig om ander te kritiseer.

Trots kan nie ander prys, hul prestasies waardeer of 'n kompliment gee nie.

Hoe om oorwinning oor trots/hoogmoed te kry:

Eerstens moet jybesef dat jy 'n sondaar is.

Tweedens moet jy die Heilige Gees vra om jou elke vorm van trots in jou hart te wys. Verootmoedig jouself dan en bely wat Hy vir jou uitwys.

Derdens moet jy bid: "Here, openbaar u karakter aan my. Help my om te verstaan hoe en wie U is. Openbaar Uself aan my sodat ek kan sien wie U is en hoe my lewe en optrede vergelyk met u oneindigheid en heerlikheid."

Vierdens is trots dikwels 'n reaksie op pyn, vernedering en verwerping wat iemand ervaar – ‘n gebrek aan positiewe liefde en sekuriteit. Hoogmoed se krag word gebreek wanneer jy God se onbeskryflike liefde vir jou verstaan en hoe Hy oor jou voel. Sonder 'n diep openbaring van God se liefde vir jou, is dit onmoontlik om heeltemal vry te kom van hoogmoed.

Beskryf trots in jou eie woorde.

  • Hoe vergelyk jou lewe met hierdie beskrywing?
  • Hoe vergelyk jou lewe met die volgende maatstaf? "In nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself "(Filippense 2:3).
Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/