Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

DAG 10 VAN 14

Wat breek die mag van gierigheid? (2)

Die eerste ding wat jy moet doen om die mag van gierigheid te verbreek, is om 'n radikale besluit te neem om vrygewig te wees. Jy moet eenvoudig begin weggee. Om 'n tiende te gee, is 'n goeie begin.

Die tweede ding is om te begin fokus op die behoeftes van ander. Maak 'n lys van mense rondom jou. Vra die Heilige Gees om jou te wys wat hierdie mense se behoeftes is. Vra die vraag: "Wat kan ek vir húlle doen?"

Derdens moet jy die Heilige Gees vra om jou te help om tevrede te wees met wat jy reeds het.

Vierdens moet jy mooi nadink oor die ewigheid. Gierigheid laat 'n mens perspektief op die ewigheid verloor. Die ewigheid oordeel genadeloos oor al die tydelike dinge wat jy het en wat jy daarmee gemaak het. Jesus vertel ‘n gelykenis hieroor in Lukas 12:13-21.

Die krag van gierigheid word gebreek wanneer jy na God gaan, die Bybel lees en leer wie God is, die Heilige Gees vra om vir jou sy karakter te openbaar en sy beloftes te laat verstaan – totdat jy by die punt kom dat jy wéét: "God is genoeg."

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/