Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld
Wat God oor woede sê (1)
"’n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede "(Spreuke 29:11).
"Moenie gou kwaad word nie: dit is ’n dwaas wat gou kwaad word "(Prediker 7:9).
"Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ’n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ’n idioot, is strafbaar met die helse vuur " (Matteus 5:22).
"’n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie" (Jakobus 1:19029).
"Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde" (Psalm 145:88).
Woede het ten minste ses primêre bronne:
1. Persoonlike seer.
2. Onreg (word teenoor ons of ander gedoen).
3. Vrees.
4. Frustrasie (onvervulde verwagtinge).
5. Die neweproduk van selfbejammering, jaloesie, afguns, gierigheid en bitterheid.
6. Gierigheid (om nie te kry wat ons wil hê nie, lei tot woede).
Die oorsaak van woede kan opgesom word as ‘n oortuiging dat jou regte geskend word, en daarom reageer jy met woede. Mense sê dikwels:
Jy/dit frustreer my.
Jy is in my pad.
Jy mors my tyd.
Jy staan in die pad van my geluk.
Jy neem my vryheid weg om die lewe op my manier te leef.
Moenie vir my sê hoe om te lewe nie.
Daarom, op grond van wat “ék” glo regverdigheid, geregtigheid en reg is, het “ek” die reg om kwaad te wees. Te dikwels sal mense praat van "regverdige woede" — hulle glo dat hulle die reg het om kwaad te wees omdat hulle hul eie siening van reg of verkeerd het. Die enigste maatstaf vir wat regverdig en reg is, is die Woord van God en nie ons persoonlike menings nie.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/