Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld
Bevryding van jaloesie en afguns (3)
Jaloesie is 'n sonde wat die jaloerse persoon nie durf erken nie. Waarskynlik die grootste probleem wat verhoed dat mense vry kom van jaloesie, is omdat hulle ontken dat hulle jaloers is.
Eerstens moet ‘n jaloerse persoon bepaal waar jaloesie en afguns ‘n houvas in hulle lewe gekry het, en wat die wortel van hierdie houvas is.
Tweedens moet hulle bereid wees om te erken dat daar jaloesie in hulle lewens is en dat hulle verantwoordelikheid daarvoor moet neem. Dit is “my“ jaloesie. Die afguns is in “my” hart. Jy kan niemand anders daarvoor blameer nie. Jy mag nie iemand anders daarvoor verantwoordelik hou nie.
Derdens moet jy besef dat God jou lief het en aanvaar en dat daar nooit onreg in sy optrede kan wees nie. God het jou lief omdat Hy goed is. Daarom hang God se liefde vir jou nie af van hoe goed jy is, hoeveel jy besit of watter posisie jy beklee nie.
Belangrik: Jaloesie is ‘n monster. Bo en behalwe om die Heilige Gees te vra om jou daarvan te verlos, is daar twee belangrike dinge wat kan doen.
Begin jou dag deur vir die Here dankie te sê vir sy goedheid. Wees spesifiek. Moenie stop voor jy nie vyf tot tien dinge kon noem nie.
Dit tweede ding is om daagliks ‘n punt daarvan te maak om na individue te soek vir wie jy tot seën kan wees – wat jy kan opbou, bemoedig, help en aanmoedig. Maak seker dat wanneer jy dit doen, daar geen voordeel vir jouself daarin sal wees nie.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/