Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld
Wat God oor woede sê (2)
Bevryding van woede
"As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ’n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie… Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het" (Efesiërs 4:26-27 en 29-32).
- Woede kan soms die regte reaksie wees (vers 26).
- Woede moet hanteer word anders word dit sonde (vers 26).
- Woede moet so gou as moontlik gestop word (vers 26).
- Indien woede nie dadelik hanteer word nie, gee dit die duiwel ‘n vashouplek in jou lewe (vers 26).
- Woede lei maklik tot negatiewe gedrag, geskreeu, afbrekende taal en vloekery (vers 29).
- Woede bedroef die Heilige Gees (vers 30).
- Bid vir die bevryding van elke sondige gedrag wat met woede verband hou (vers 31).
- Woede word sonde wanneer dit tot bitterheid oorgaan (vers 31).
- Woede wat nie weerstaan word nie, lei tot ‘n leefstyl van woede uitbarstings (vers 31).
- Ons moet kies om nie woedend te word nie, want dit lei gewoonlik tot bakleiery (vers 31).
- Stop woede voordat dit tot lasterlike taal lei (vers 31).
- Woede moet gestop word voordat dit mense se lewens vernietig (vers 31).
- Woede kan oorwin word deur te kies om goedgesind en deernisvol te wees (vers 32).
- Woede kan oorwin word deur te vergewe (vers 32).
Waarskuwing: Mense gebruik dikwels die woorde regverdige woede (righteous anger). Dit word gebruik om aan te dui dat dit in die oë van God reg is dat hulle kwaad word. Die probleem is dat in die breë konteks van woede, hierdie soort woede ‘n baie klein deeltjie van woede uitmaak. Dit is een van die plekke waar mense, onder die dekmantel van God se woede oor onreg en sonde, eintlik net hulle eie selfsug, hoogmoed en eiesinnigheid uitleef.
Prakties: Ruim tyd in om volgens Efesiërs 4:26-32 te bid. Moenie haastig wees nie. Dit gee baie verskillende beginsels en sleutels vir die bevryding van woede. Bid stap-vir-stap deur hierdie opmerkings. Vra die Heilige Gees om jou te leer en vry te maak.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/