Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

DAG 13 VAN 14

Wat God oor hoogmoed sê (1)

"Maar toe hy eenmaal die mag het, het Ussia ingenome geword met homself, en dit was die begin van sy einde. Hy het aanmatigend teenoor die Here sy God opgetree" (2 Kronieke 26:16).

"Die Here het ’n afsku van ’n verwaande (arrogante) mens; dit staan vas: so ’n mens sal nie ongestraf bly nie" (Spreuke 16:5).

"Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val" (Spreuke 16:18).

"Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense" (Matteus 20:26-28).

"Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word" (Matteus 23:11-12).

"Hy moet meer word en ek minder" (Johannes 3:30).

"In nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself" (Filippense 2:3).

"God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade "(Jakobus 4:6).

Dit is byna onmoontlik om trots of hoogmoed te definieer en te beskryf. Die volgende opmerkings kan van waarde wees. Vra die Heilige Gees om met jou te praat.

Hoogmoed maak geloof onmoontlik.

Hoogmoed bid nie.

Hoogmoedige geloof is net so 'n groot onmoontlikheid soos 'n nederige duiwel.

Hoogmoed lei altyd tot skaamteloosheid, vernietiging, stryd, ‘n harde hart en misleiding.

Vir 'n man sonder trots is daar geen perke aan wat God in en deur hom kan doen nie.

Hoogmoed het die Satan die hemel gekos.

In sy "Ode to Melancholy" skryf Thomas Hood: Of all prides since Lucifer's attaint, the proudest swells a self-elected saint. (Van alle trotse gedrag sedert Lucifer s'n, is die grootste die trots van 'n selfverkose heilige.)

Hoogmoed kom in baie vorme voor: rasse hoogmoed, verwaandheid, pretensie, trots oor skoonheid, begaafdheid, intellek, posisie, roem, kleredrag, politieke posisies, opgewonde wees wanneer mense ons erken, 'n skyn van godvresendheid maar sonder die krag daarvan, ens.

'n Hoogmoedige persoon voel vinnig dat sommige soorte werk en verantwoordelikhede benede hulle waardigheid is; dit pas nie by 'n persoon van hulle statuur nie.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/