Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld
Die effek van jaloesie en afguns (2)
Jaloerse en afgunstige mense se gedrag is negatief. Hulle gedrag maak ander seer en benadeel hulle en probeer om ander "af" te bring na hulle vlak toe. Hulle sal voortdurend probeer om aan ander te verduidelik dat hulle beter is, verdien om beter behandel te word, negatiewe uitsprake oor ander maak, planne maak om individue of 'n groep te verneder en te vernietig of te verhoed dat iemand erkenning kry vir wat hulle gedoen het.
Die oorsprong van jaloesie en afguns
1. Verwerping en gevoelens van onsekerheid en minderwaardigheid is waarskynlik die grootste oorsaak van jaloesie en afguns. Ons word almal met diep onsekerheid gebore. Dit is ook die gevolg van drome wat nie gerealiseer het nie of wanneer daar 'n gebrek aan voldoende positiewe aanmoediging en liefde is.
2. Jaloesie en afguns word ook gebore uit vrees wanneer iemand bedreig of seergemaak voel. Mense voel soms bedreig deur mense met charisma, besondere intellektuele vermoëns, akademiese prestasies, rykdom, reputasie, posisie en roem.
3. 'n Kritiese element van jaloesie is dat God van onreg verdink. Jaloesie glo dat God 'n fout maak. 'n Jaloerse persoon is nie tevrede met wat hulle het nie. Hulle wil iets anders hê. Hulle wil hê, wat hulle glo, die ander persoon beter laat lyk as hulleself en lekkerder of belangriker is as wat hulle is. In Romeine 9:20-21 lees ons: "Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie?" Jaloerse mense is nie tevrede met hoe God hulle gemaak het nie, of waarvoor God hulle wil gebruik nie. Een van die diep wortels van jaloesie is rebellie teen God.
Jaloesie gee voor dat dit "belangrik is om die feite in gedagte te hou". Jaloesie lei altyd tot 'n kritiese gees. Jaloesie kan nie bestaan sonder gevoelens van verontregting nie, byvoorbeeld: "Daardie persoon het die toekenning gekry, maar as jy mooi daaroor dink, moes ek dit eintlik gekry het." 'n Jaloerse persoon word gedwing om oor sy “probleem” te praat, en wanneer so iemand praat, sal dit altyd gepaard gaan met veroordeling, selfbejammering en kritiek.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/