Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

DAG 6 VAN 14

Jaloesie en afguns (1)

"Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ’n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig "(Jakobus 4:2).

"Teen jaloesie is niemand opgewasse nie" (Spreuke 27:4).

"Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses uit onderlinge afguns kom" (Prediker 4:4).

Jaloesie en afguns is 'n werklikheid wat ons almal se lewens beïnvloed. Niemand is vry van jaloesie en afguns nie. Niemand.

Daar is 'n verskil tussen afguns en jaloesie. Jaloesie is om te glo jy kry nie die erkenning wat jy verdien nie, en daar is 'n definitiewe fokus op God: “God het my 'n onreg aangedoen deur nie vir my te gee wat ek verdien nie, maar dit vir ander gegee wat dit nie verdien nie.” Afguns is 'n begeerte om meer te hê as wat jy nou het en veral om meer te hê as wat ander het. In jaloesie en afguns is daar diep onvergenoegdheid, ontevredenheid, trots, gierigheid en dikwels woede.

Jaloesie kyk in die verkeerde rigting. ‘n Jaloerse mens soek eintlik die aanvaarding, bewondering en erkenning van mense. Jou emosies vertroebel wanneer jy nie na God kyk en sy onvoorwaardelike liefde vir jou verstaan nie. Mense wat vol jaloesie is, se diepste behoefte is onvoorwaardelike liefde en erkenning van hulle menswees — dit kan alleen in Jesus gevind word. Dít breek die greep van jaloesie. Uiteindelik moet God jou deur die werking van die Heilige Gees help om te verstaan dat jy nie beter sal doen as jy "meer" het nie. Om meer te hê is nooit voldoende nie, want jaloesie en afguns is onversadigbaar. Jy het wel “meer” van Jesus nodig.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/