Nie Goed NieVoorbeeld
Wie is die persone wat begrip vir jou spanning het? Of dit nou sport-, skool- of familie-verwante spanning is, daar is gewoonlik iemand wat jou spanning en jou gevoelens daaroor kan verstaan. Om met hierdie mense oor spanning te gesels is anders, want hulle het 'n verwysingsraamwerk wat begrip het vir dít waardeur jy gaan. Hulle kan aan jou spesifieke, betekenisvolle vrae vra in plaas daarvan om net te sê: "Alles sal ten goede meewerk." Wanneer ons ons spanning met mense deel wat dit verstaan, help hulle ons om geloofbaarheid aan ons ervarings te gee en dit gee ons die ruimte om ons gedagtes te herorganiseer.
In vandag se Skrifgedeelte sal jy sien hoe Jesus iets soortgelyks doen. Hy het met sy volgelinge oor hul bekommernisse gepraat en hulle gevra om hul bekommernisse te vergelyk met dinge in die natuur. Hy het nie probeer om hul gevoelens te omseil nie, maar Hy het hulle uitgenooi om hulle kommer op 'n nuwe manier te begin verwerk. Hy het hul eie gedagtes en siening van die wêreld bevestig en hulle toe begelei om te sien hoe God vir hulle sou sorg. Hy het besef wat hulle alles moes verduur en het vir hulle gewys dat God regtig vir hulle omgee.
Waar dit ons eie bekommernisse aangaan, kan 'n bietjie bevestiging daarvan ons ook goed te staan kom. Miskien het ons al uit die oog verloor hoeveel ons God kan vertrou om alles vir ons ten te goede te laat meewerk. Wanneer ons ons kommer deel met mense wat dit verstaan, kan hulle ons help om weer ons fokus te plaas op hoe Jesus vir ons die karakter van God vertoon. Met hulle hulp kan jy onthou, wanneer jy bekommerd is, kan jy op Jesus vertrou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.
More