Nie Goed NieVoorbeeld
Weet jy wat spanning is? Nie in die sin van: "Was jy al ooit gespanne?" nie, maar eerder: "Weet jy wat gebeur wanneer jy gespanne is?" God het elkeen van ons geskape met 'n wonderbaarlike vermoë om in spanning te reageer. Hierdie stelsel laat ons veilig voel en dis tydens episodes van intense spanning dat dit geaktiveer word. Jou hartspoed versnel en jou asemhalingspatroon mag verander omdat jou liggaam gereedmaak om die spanning te hanteer.
Jesus het tydens sy bediening ook 'n vrou ontmoet wat op soek was na maniere om haar spanning te hanteer. Sy het aan 'n toestand gely wat haar heeltyd laat bloei het en wat haar daarvan weerhou het om 'n volwaardige lid van die gemeenskap te wees. Sy was onderworpe aan liggaamlike, geestelike en emosionele spanning — maar toe kom sy in aanraking met Jesus. Sy het 'n risiko geneem om van agter aan Jesus se kleed te raak, en sy is onmiddellik genees.
Soms is die enigste ding in ons spanningsvolle oomblikke om na Jesus uit te reik en ons hoop op iets beter te plaas — of minstens iets anders. Ons mag dalk desperaat wees vir verandering en het bevestiging nodig dat God met ons is. Uit hierdie vrou se verhaal kan ons soveel leer van teenstand, uithouvermoë en hoe om ons na God te wend wanneer ons hoop nodig het. Ons almal sal op 'n stadium gespanne of beangs voel. Of dit nou gebeure by die skool, verhoudings of enige ander wêreldgebeure is, ons het 'n plan vir hierdie tye nodig. Gelukkig is daar verhale soos hierdie om ons te herinner dat Jesus aan ons hoop bied wanneer niks meer reg verloop nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.
More