Nie Goed NieVoorbeeld
![Not Okay](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F39801%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat beteken die woord "hoop"?
Vir sommige beteken dit om te wens wanneer jy 'n verskietende ster sien. Jy weet nie of dinge goed of sleg sal verloop nie — jy "hoop" maar vir die beste. Jy weet nie of jy by die universiteit van jou keuse aanvaar gaan word nie, of jy goeie punte in 'n toets gaan behaal nie, of jy 'n betekenisvolle rol in die skoolkonsert gaan kry nie ... jy "hoop" maar so.
Wanneer mense só van "hoop" praat, bedoel hulle eintlik hulle is "optimisties". Hulle beskou die glas as half vol. Hulle probeer om optimisties oor die toekoms te wees. Daar is natuurlik niks daarmee verkeerd nie! Dit is goed om optimisties te wees, maar dit is nie wat die Bybel bedoel wanneer dit oor hoop praat nie.
Paulus praat in vandag se Skrifgedeelte met sy vriende in Rome oor hoop, maar hy praat nie van optimisme nie. In plaas daarvan sê Paulus dat ons "hoop op die heerlikheid" van Christus is (Kolossense 1:27b). Dit beteken nie dat ons aan God dink soos om 'n muntstuk in die lug op te skiet en te hoop dit land op die kopkant nie. Dit beteken wel dat ons ons vertroue in God stel omdat ons weet dat Hy ons toekoms onder sy beheer het. Om op God te "hoop" is nie net 'n lekker gevoel nie — dit is 'n werklikheid waarin ons glo, selfs in die moeilike tye.
Die lewe raak beslis soms moeilik! Wanneer ons 'n donker tydperk vol spanning en bekommernis beleef, is dit maklik om ons "gevoel" van hoop in God te verloor. Paulus sê egter dit is juis daardie tye wanneer God ons hoop gebruik om ons geloof tot "geestelike volwassenheid in Christus te bring" (vers 28b).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Not Okay](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F39801%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.
More