Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 6 VAN 28

Wanneer jy jou vir 'n lang reis per motor gereedmaak, moet jy voorbereidings tref. Jy moet sekermaak daar is baie versnaperinge vir die reis. Jy moet jou roete mooi beplan en op jou toep volg. Jy moet sekermaak hoe lank dit sal neem om jou bestemming te bereik. Belangrikste van alles — jy moet brandstof in die motor se tenk hê. Jy gaan nie op 'n lang reis per motor sonder brandstof baie ver kom nie.

Om al hierdie voorbereidings vir 'n reis te beplan, is een ding. Dit is iets heeltemal anders om dit vir jou lewe te beplan. Dalk het jy al 'n situasie beleef waarna dit vir jou gevoel het dat jy geen "brandstof" vir jou lewe oorhet nie. Jy ry op die brandstofdampe. Jy is so vol kommer, spanning en moeg om elke dag se uitdagings te hanteer dat jy eenvoudig nie weet hoe om nog 'n tree te neem nie.

Die Bybel praat oor hierdie gemoedstoestand. Die goeie nuus is dat die skrywer van die Psalm 33:20 uitgepluis het wat om te doen wanneer dit gebeur: "Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer".

Wanneer jou hoop op jouself gevestig is, sal jou lewe se brandstof opraak. Wanneer jou hoop egter op God berus, is jy verbind aan 'n bron van onuitputbare hoop. Jesaja 40:31 beskryf dit so: "maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie." As jy 'n reis per motor beplan, maak jy seker dat jy weet hoeveel brandstof jy nodig gaan kry om by jou bestemming uit te kom. As jy probeer om jou lewe vooruit te beplan, is al die brandstof beskikbaar wat jy mag nodig hê ... jy moet jouself net aan die regte Bron verbind.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org