Nie Goed NieVoorbeeld
Die Beatles is die beroemdste rockgroep in die geskiedenis en een van die invloedrykste musiekgroepe gedurende die afgelope eeu. Hoe vreemd is die gedagte dan dat die Beatles aanvanklik amper nie die paal gehaal het nie? Toe hulle begin het, was hulle net vier tienerseuns wat geen platemaatskappy kon oortuig om met hulle 'n kontrak te sluit nie. Hulle is vier keer weggewys voordat iemand hulle 'n kans wou gee. Een groot musiekvervaardiger het vir hulle gesê dat hy nie belangstel nie, omdat "kitaarmusiek op pad uit is".
Dit is nou vir ons maklik om verbaas te wees oor die feit dat mense die Beatles weggewys het. Ons het 'n perspektief wat daardie mense nie gehad het nie. Ons kan die hele verhaal sien.
Op soortgelyke wyse is dit vir ons baie maklik om te wonder waarom soveel mense vir Jesus verwerp het. Hulle het Hom nie net verwerp nie ... hulle het Hom aan 'n kruis ter dood veroordeel. Hoe kon hulle nie verstaan het wie Hy werklik was nie?
Ons mag dit dalk nie verstaan nie, maar Jesus het. Hy het die verwerping gewillig aanvaar. In vandag se Skriflesing het Jesaja geprofeteer dat Jesus sou ly en 'n groot deel van sy lewe in pyn deurbring. Hy het geweet dat dit met Hom sou gebeur. Hy het nogtans aarde toe gekom — nie omdat Hy verwerp wou word nie, maar omdat Hy wou wys hoe lief Hy ons het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.
More