Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 12 VAN 28

Jy het moontlik groot doelwitte in jou lewe. Almal het. Miskien wil jy Hollywood toe gaan en 'n akteur word. Miskien het jy 'n spesifieke universiteit en loopbaan in die oog. Dalk wil jy 'n professionele atleet of 'n skrywer word. Dit is almal groot, belangrike doelwitte. Jy behoort ook daarna te streef! Hulle is egter ook 'n bietjie skrikwekkend, nie waar nie? Sê nou dit werk nie uit nie? Sê nou jy misluk?

Feitlik elke groot doelwit in die lewe dra die risiko van mislukking daarmee saam. Dit geld vir die werk wat jy graag wil hê, 'n droom wat jy graag wil bereik, of selfs net die vriende wat jy graag wil hê. In enige van hierdie omstandighede mag jy jou dalk vasloop. Dit is maklik om vir verwerping bang te word. Om die waarheid te sê, ons word soms so bang dat ons liewer nie eens probeer nie. Die risiko van verwerping klink meer skrikwekkend as die opwinding daarvan om te slaag, ons besluit dus om eerder veilig te speel.

Dit is egter geen manier om jou lewe te lei nie. Jy moet vroeër of later op een gebied 'n waagstuk onderneem.

God weet dat dit moeilik is om die moontlikheid van verwerping in die oë te staar. Dit kan ons aan baie spanning en kommer onderwerp. Wat sal gebeur as ons dit nie regkry nie? Wat as ons misluk? Hoeveel keer moet ons probeer voordat ons handdoek ingooi? Wanneer jy só voel, onthou die uitnodiging wat Jesus in vandag se Skrifgedeelte rig.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org