Nie Goed NieVoorbeeld
Byna elke kaartspel in die wêreld het een ding in gemeen: jy is nie veronderstel om na iemand anders se kaarte te kyk nie! Ons noem dit kul en niemand hoef eens vir jou te sê om dit nie te doen nie.
Laat ons egter eerlik wees ... soms is dit moeilik om nie te kul nie. Iemand sit sy kaarte onderstebo op die tafel neer om 'n versnapering in die kombuis te gaan haal en jy weet dit sal so maklik wees om gou-gou te loer terwyl die persoon weg is. Dis tog nie so erg nie, of hoe? Dis net kul as jy uitgevang word!
Soms gaan dit net so in die lewe. Waarom maak dit tog saak of ons die regte of verkeerde ding doen wanneer niemand kyk nie? Wel, volgens die Bybel is Iemand altyd daar om ons verantwoordbaar te hou.
Jesus sê dit maak saak of jy die regte of verkeerde ding doen, veral wanneer niemand kyk nie. Hy het sy dissipels aangemoedig om te onthou dat God mense beloon wat goeie dade in die geheim doen.
Jy sien, soms doen mense goeie dade net sodat almal dit kan sien en weet hoe goed hulle is. Hulle gee nie eintlik om vir wat reg of verkeerd is nie. Hulle wil net hê dat mense baie van hulle moet dink. Jesus sê dit is baie beter om goeie dinge te doen wanneer niemand ons sien nie. Ons mag dalk nie daarvoor geprys word nie. Ons mag dalk nie enige toekennings of spesiale aandag geniet nie, maar God sien die dinge wat ons in die geheim doen en God sal dit nie vergeet nie. Dit is die moeite werd.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.
More