Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 20 VAN 28

Voel jy ooit soos 'n perfeksionis? Indien wel, sal jy weet dat dit nogal spanning kan veroorsaak. Jy voel altyd dinge kan net nog 'n bietjie beter wees as jy net 'n bietjie harder werk of meer tyd daaraan bestee om dit reg te kry. Ja ... dis irriterend.

Jy hoef ook nie 'n perfeksionis te wees om die spanning daarvan te voel om die regte dinge in die lewe te doen nie. Daar is soveel druk om goed te doen, altyd op hoogte van sake te wees en altyd die regte besluite te neem. Dit kan alles saamspan om jou 'n bietjie paranoïes te laat voel. Daar is soveel besluite om elke dag te neem en soveel druk om dit reg te doen. Sal dit nie lekker wees om 'n slag op te hou om jou daaroor te bekommer nie? Wat gebeur wanneer die spanning om goeie dinge te doen, te veel word?

Petrus het hieroor geskryf in 1 Petrus, en hy het gesê om die regte dinge te doen kan soms spanningsvol wees. Hy herinner sy lesers egter dat Jesus ook swaargekry het. As ons spanning ervaar omdat ons probeer goed doen, kan ons onthou dat Jesus dit ook beleef het. Hy weet hoe dit voel.

As ons bekommerd of gespanne voel omdat ons goeie dade doen, dan weet ons ons is op die regte pad. Die goeie nuus is dat God mense seën wat probeer om wyse keuses te maak en dít wat jy nou deurgaan, sal die moeite werd wees. Jy hoef nie 'n perfeksionis te wees nie — jy kan leer om staat te maak op die Een wat alreeds volmaak is.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org