Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 24 VAN 28

As jy al ooit 'n staptog onderneem het, sal jy weet dat 'n mens op die uitkyk moet wees vir sekere plante soos die giftige klimopplant. As jy net daaraan raak, sal die plek jeuk, dalk swel, moontlik blase ontwikkel, naarheid en allergieë. Dit is ongelukkig maklik om aan 'n giftige klimopplant te raak, want dit lyk maar net soos 'n gewone rankplant. As jy egter weet waarvoor om op die uitkyk te wees, kan jy dit gewoonlik vermy. Dit is donkergroen en die blare is altyd in groepe van drie gerangskik. Dit is waarom die stappers sê: "Die drieblaar, maak mens naar."

Sou dit nie lekker gewees het as elke probleem in die lewe een of ander eenvoudige rympie gehad het sodat ons kan weet of dit ernstig gaan wees of nie? Jy stry met 'n vriend ... gaan dit ernstig wees of sommer gou oorwaai? Jy voel 'n bietjie olik ... sal dit môre iets van die verlede wees, of moet jy eerder dokter toe gaan?

Ongelukkig het ons nie altyd 'n maklike, voor-die-hand-liggende manier om dadelik te weet of ons probleme net klein bekommernisse is of groter, ernstiger gevolge gaan hê nie. Maar ons het vir God.

In vandag se Skrifgedeelte sê Jakobus 1:5: "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt." Wysheid wat van God kom, kan 'n groot verskil maak om ons spanning en kommer te verstaan. Met God se hulp sal ons nie net weet hoe om die lewe se "giftige klimopplante" te vermy nie, maar ook hoe om dit te hanteer wanneer ons dit wel teëkom.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org