Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 27 VAN 28

As jy al ooit dambord gespeel het, sal jy weet dat dit heel eenvoudig begin. Jy het 'n handvol klein blokkies (damme) en jy moet hulle aan die anderkant van die bord kry sonder dat die opponent oor jou damme spring. Dis nie te moeilik nie.

Wat gebeur egter wanneer jy aan die anderkant van die bord kom? Jy word gekroon. Dit beteken nog 'n dam word bo-op daardie een gesit en nou is hierdie gesamentlike damme baie gevaarliker. Jy kan regtig verwoesting saai. Jy kan hiermee in enige rigting beweeg wat jy wil. Jy kan baie makliker oor jou opponent se damme spring. Dit voel asof jy superkrag het!

Wie ook al die dambordspel ontwerp het, het verstaan dat 'n mens baie meer gedoen kan kry as jy 'n maat het. Dit is waarom twee damme meer effektief is as een. Wanneer jy met iemand anders saamspan, kan jy baie meer bereik.

Dit is ook waarom dit vir ons so belangrik is om mekaar by te staan — veral as jy 'n vriend het wat onder spanning en bekommernis gebuk gaan. As jy al ooit self met kommer geworstel het, sal jy besef hoe eensaam 'n mens kan wees. Dit voel later asof jy die enigste een is wat weet hoe dit voel.

As iemand egter by jou aansluit, staan die persoon jou by en dit is baie makliker om die lewe se uitdagings saam te trotseer. Die Bybel noem dit om "mekaar op te bou". Dus: die volgende keer as 'n vriend hulp nodig het, onthou hoeveel julle twee saam kan vermag.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org