Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 25 VAN 28

As jy al ooit bofbal gespeel het (of net 'n idee het hoe die spel werk) sal jy besef dat die nommer een reël is dat jy die bal moet wégslaan wanneer dit jou beurt op die bof is. Of dit nou jou pa is wat jou kleintyd leer speel het, of 'n afrigter in die groot ligas, almal sê dieselfde ding: "Hou jou oog op die bal."

As dit maar net so maklik was, of hoe? As bofbal speel so eenvoudig was soos om jou oog op die bal te hou, sou ons almal uitstekende spelers gewees het. Dit is egter nie so maklik nie.

Soms klink dit net so wanneer mense vir jou sê dat jy God met jou bekommernisse moet vertrou. Natuurlik klink dit na goeie raad, maar net soos "hou jou oog op die bal" nie altyd so maklik is nie, is "vertrou op God" ook nie altyd so maklik nie. Hoe kan ons op Jesus fokus wanneer ons oorspanne is?

In die Bybel verstaan Paulus ook dat dit nie altyd so maklik is om "Jesus te vertrou" as wat dit klink nie. In Filippense 4 gee hy in der waarheid vir ons 'n punt-vir-punt plan hoe dit kan wees.

Volgens hom is die eerste ding om vir God te vertel wat ons bekommer: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend" (vers 6). Wanneer ons ons bekommernisse na God bring, beloof Hy vrede: "En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus" (vers 7). "Vertrou op God" is nie 'n towerwoord wat al ons probleme sal laat verdwyn nie, maar dit is die eerste stap in die rigting van oorwinning oor ons bekommernisse.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org