Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 23 VAN 28

Een van die eerste dinge wat filmregisseurs doen wanneer hulle met 'n nuwe projek begin, is om akteurs aan te stel. Hulle probeer om die bekendste sterre met die meeste talent bymekaar te kry, sodat die film so goed as moontlik kan wees. Niemand wil 'n film maak met akteurs wat nie weet wat hulle doen nie.

Wel, amper niemand nie ... dink aan God as die regisseur van die lewe en elke liewe mens het 'n rol in hierdie film. Dit sal lekker wees as ons almal groot sterre en Oscar-bekroonde akteurs kon wees, maar dit is bloot nie waar nie. Glo dit of nie, dis presies hoe God dit beplan het.

In vandag se Skrifgedeelte sê Paulus dat God ons juis vir ons rolle gekies het omdat ons nie beroemd is nie. God weet hoeveel van ons 'n stryd met spanning en bekommernis het en voel dat ons nie so goed is as wat ons behoort te wees nie. Ons stel egter nie vir God teleur nie, want dit is presies hoe Hy dit beplan het.

Jy sien, God wil hê dat almal van ons by Jesus om hulp moet aanklop. Wanneer ons swak, uitgeput, uitgebrand of gespanne is, kan ons op Jesus vertrou, want Hy is eintlik die Een wat al ons sake in die eerste plek behoort te hanteer. Die plan was nooit dat jy alles op jou eie moet hanteer nie! Jy is veronderstel om vir Jesus daarmee te vertrou. Wanneer jy dít doen, sal jy sien wie die ster van die vertoning is.

Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org