Nie Goed NieVoorbeeld
Hierdie week het jy goeie werk gedoen! Kom ons probeer vandag iets anders. Kom ons kyk of jy 'n teksvers kan memoriseer teen die tyd wat jy die einde van die leesplan bereik. Lees hierdie vers 'n paar keer deur en begin solank om dit te probeer onthou. Staan vandag tyd af om na te dink wat dit sê en waarom dit belangrik is.
Memoriseer hierdie Skrifgedeelte deur die eerste drie woorde, drie keer te herhaal. Voeg dan nog drie woorde by en herhaal dit weer drie keer. Herhaal hierdie proses totdat jy die hele Skrifgedeelte drie keer kan opsê sonder om te kyk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.
More