Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 16 VAN 28

Verbeel jou dat jy en jou vriende nog nooit Monopoly gespeel het nie. Eendag vind julle dan die speletjie in 'n kas, haal dit uit en besluit om te speel. Daar is geen reëlboek ingesluit nie, dus moet julle maar self probeer uitwerk hoe dit gespeel word. Dink jy dat julle enige van die reëls korrek sou raai? Waarvoor is al hierdie vals geldnote? Waarom is daar klein plastiek huisies en hoe werk die kaarte?

As 'n mens net raai hoe 'n bordspeletjie gespeel moet word, gaan jy waarskynlik verkeerd raai. Dit is waarvoor die instruksies daar is! Solank die reëlboek naby is, hoef 'n mens nooit te wonder wat is reg en wat is verkeerd nie. Jy kan net na die reëls kyk.

As jy probeer om te raai hoe om deur die lewe te kom, gaan jy dalk net so verward wees. Die lewe is ingewikkeld, met baie bewegende dele en onverwagse veranderinge. Jy behoort dit nie op jou eie te probeer uitpluis nie ... en volgens die Bybel hoef jy ook nie.

Die Bybel sê dat Jesus alles in die skepping bymekaar hou. Hy is basies die een wat die speletjie ontwerp het! Hy ken al die reëls en, nog belangriker, Hy het jou lief en wil hê dat jy die regte van die verkeerde moet kan onderskei. As jy gespanne is en bekommerd oor watter stappe jy moet doen of wat die riglyne sê, het jy 'n verbintenis met Iemand wat jou wil help.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org