Nie Goed NieVoorbeeld

Ken jy enige goeie raaisels? 'n Mens se selfvertroue kry mos 'n lekker hupstoot as jy 'n ingewikkelde raaisel kan oplos. Die gevoel dat jy al jou energie moet insit om daardie antwoord te ontsyfer, is baie motiverend, maar dit kan natuurlik ook nogal spannend wees. Daar is so baie dinge wat ons motiveer om op 'n sekere manier op te tree en ons lewens te leef. Met die regte motivering kan ons byna enigiets regkry.
In vandag se Skrifgedeelte sal jy die verhaal ontdek van 'n man, koning Herodes, wat deur al die verkeerde dinge gemotiveer is — hy wou homself bewys en sy status beskerm. Toe hy dus gevra is om iets verskrikliks te doen, het hy aan hierdie motivering toegegee, al het dit aan ander baie leed besorg. Wat Herodes nodig gehad het, was integriteit. Hy het eintlik van Johannes gehou en dit geniet om hom in die tronk te besoek. In die openbaar wou hy homself egter oor Johannes laat geld en sy mag gebruik sodat ander nie sou dink dat hy swak is nie. Herodes het in elke situasie hulp nodig gehad om die regte ding te doen.
Dit is nie altyd maklik om die regte ding te doen nie, maar ten spyte van hoé moeilik dit mag wees, nooi God ons altyd uit om mense van integriteit te wees en om in elke situasie die regte ding te doen. Wanneer jy ook al in enige moeilike situasie is, kan jy jou altyd na God wend om jou krag te gee om die regte besluit te neem en om met integriteit te leef. Jy mag dalk spanning ervaar wanneer jy voor 'n moeilike besluit te staan kom, maar God sal jou herinner dat selfs wanneer dit nie maklik is om te doen wat reg is nie, dit steeds die moeite werd is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.
More