Nie Goed NieVoorbeeld

Dink 'n bietjie oor die toerusting wat 'n mens nodig het wanneer jy gaan krieket speel. Dis nie net die kopskerm nie (alhoewel dit nogal 'n belangrike deel daarvan is). Daar is ook gesigskerms, knieskerms, elmboogskerms, spykerskoene en dies meer.
Tensy jy gereeld krieket speel, sal jy waarskynlik nie weet waarvoor jy al hierdie toerusting nodig het nie. Is 'n gesigskerm regtig so belangrik? Waarvoor die spykerskoene? Sal gewone hardloopskoene nie deug nie?
Dit is egter juis die punt. Die mense wat die spel al lankal speel, besef alte goed hoe belangrik dit is om die regte toerusting te gebruik. Dit is nie net vir die speler se beskerming nie, dit help hom eintlik ook om die spel beter te speel. Wanneer krieketspelers al die nodige toerusting het, verbeter dit hul kanse op 'n oorwinning.
Die Bybel praat ook van 'n sekere soort toerusting. Die lewe kan angswekkend wees, met vele dinge om gespanne en bekommerd oor te wees. Jy sal in 'n baie beter posisie wees om daardie vrese en bekommernisse trompop te loop ... as jy die regte toerusting aanhet.
In vandag se Skrifgedeelte praat Paulus oor die wapenrusting van God. Dink daaraan as 'n soort van kontrolelysie van die toerusting wat jy nodig het om die dag suksesvol te kan afhandel. Let op die toerusting wat hy vir jou voorstel. Hoe kan jy seker maak dat jy reg aangetrek en gereed is om vandag se uitdagings aan te durf?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.
More