Nie Goed NieVoorbeeld
Verwerping kan uit verskillende oorde kom ...
Jy kan deur vriende verwerp word wat besluit het hulle wil nie meer saam met jou kuier nie.
Jy kan deur iemand in 'n liefdesverhouding verwerp word omdat die persoon besluit het dis tyd om die verhouding te beëindig.
Jy kan deur 'n sportspan verwerp word nadat jy aan proewe deelgeneem het, 'n werk of universiteit waarvoor jy aansoek gedoen het, of 'n beurs wat jy gedink het jy gaan kry. Ongeag waar die verwerping vandaan kom — dit maak altyd seer. Dit word ook nie makliker nie. Verwerping voel altyd baie persoonlik. Dit is altyd moeilik om dit te verwerk en aan te beweeg.
Ongeag waar die verwerping vandaan kom — ons kan dit altyd na dieselfde plek neem. Petrus skryf in vandag se Skrifgedeelte dat ons al ons sorge en bekommernisse op God kan werp. Ons mag dalk vir 'n rukkie pyn ly, maar God beloof om al ons kommer, spanning en ja, selfs ons verwerping, op Hom te neem. Dit beteken nie dat die pyn oornag sal verdwyn nie. Dit is nie hoe verwerping werk nie. Dit beteken egter wel dat ons dit nie alleen hoef te verduur nie.
Daar is nog 'n goeie punt wat Petrus in vandag se Skrifgedeelte uitwys — ons is nie die enigste mense wat met verwerping worstel nie! Wanneer ons verworpe voel, is dit maklik om ook eensaam te voel. Die waarheid is egter dat vele ander ook al deur dieselfde beproewing is en eindelik anderkant uitgekom het. Dit mag dalk nie nou so voel nie, maar mettertyd sal jy wel daar uitkom.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.
More