Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 9 VAN 28

Een van die mees frustrerende dinge omtrent legkaarte is wanneer dit lyk asof 'n stuk by 'n ander een sal inpas, maar hulle pas nie presies inmekaar nie. Dis verwarrend. Die stukke mag dalk dieselfde kleur en vorm wees, maar hulle pas net nie inmekaar nie. Dit is maklik om sulke klein foutjies te maak wanneer 'n mens nie die geheelbeeld sien nie.

Met mense is dit dikwels dieselfde. Soms sien jy 'n ander persoon, of selfs 'n groep mense, en jy dink jy sal dalk baie goed by hulle inpas. Jy wil vriende maak of selfs romanties by die persoon betrokke raak. Jy geniet dieselfde dinge as hulle. Waarom sal julle nie 'n verbintenis kan vorm nie? Dan probeer jy egter en ervaar verwerping. Dis verwarrend ... en dit maak seer.

Wanneer jy só verwerp word, is daar 'n paar dinge om in gedagte te hou. Eerstens beteken verwerping nie dat daar iets met jou fout is nie. Net soos daar niks met daardie legkaartstuk fout was nie. Dit het net nie gepas waar jy gedink het dit sou nie, maar dit sal iewers inpas. Jy moet net die regte plek vind.

Wat jy ook moet onthou, is dat — net soos met die legkaartstuk — jy nog nie die geheelbeeld sien nie. Die Bybel sê dat ons nou nog net "gedeeltelik kan sien". Die verwerping wat ons nou in die gesig moet staar, maak dalk nie sin nie. Eendag, wanneer God vir ons die geheelbeeld wys, sal ons egter die plan duideliker kan sien en verstaan waarom dinge op 'n spesifieke manier gebeur het.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org