Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 5 VAN 28

Om spanning en bekommernis te hanteer, kan soms voel asof jy 'n klomp balle gelyktydig in die lug moet hou. Solank jy net twee of drie het, kom jy dalk reg. Jy het dit onder beheer! Wanneer dit egter vier of vyf is, raak dinge 'n bietjie meer uitdagend. As dit ses of sewe word, wel — vergeet daarvan!

Ons het almal ons perke. Daar is net sóveel spanning wat een mens op 'n slag kan hanteer! Wanneer jy jou eie maksimum kapasiteit vir spanning bereik, is jy soos 'n kartondoos met te veel goed daarin. Jy wil net uitmekaar val.

Wanneer dit gebeur, moet jy eerstens onthou om nie te streng met jouself te wees nie. Die lewe is nie veronderstel om voortdurend spanningsvol te wees nie en jy is nie sleg of swak as jy oorspanne raak nie. Ons het almal soms 'n blaaskans nodig. Ons almal het hulp nodig.

Nog belangriker om te onthou, is dat God aan ons 'n veilige plek hawe bied wanneer ons gespanne en bekommerd raak. Ons voel dalk ons het geen verdere hoop om ons uitdagings te hanteer nie, maar God plaas geen beperkings op hoop nie. Wanneer ons voel dat ons nou regtig geen energie meer oor het nie, hou God ons steeds in sy hand.

Die psalmdigters praat baie daarvan om "hulp by God te soek" byvoorbeeld Psalm 62:2 sê: "Ek soek U, o God, my God, ek dors na U ..." en Dawid se uitroep in Psalm 16:1: "Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U". Dit beteken dat hulle opgehou het om op hulself staat te maak om hul probleme op te los en eerder hul oë op God te rig om hulle in die regte rigting te stuur.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org