Nie Goed NieVoorbeeld

Het iemand al ooit 'n fliek, sportwedstryd of TV-program vir jou bederf? Iemand het jou per ongeluk vertel wie die Curriebeker finaal gewen het of wie laaste staande gebly het in Masterchef voordat jy dit self kon kyk!? Dit is regtig irriterend. Noudat jy weet hoe dit eindig, wat is die sin daarin om nog na die wedstryd of program te kyk?
Wens jy nie egter soms 'n bietjie dat God die einde vir jou wil bederf nie? As God regtig in beheer van alles is, hoekom kan ons nie net al die slegte dinge oorslaan — al die oorloë, siektes en gebroke harte — en direk na die gelukkige einde toe gaan nie?
Dit is maklik om te wens dat God net wil omblaai na die laaste hoofstuk toe. Wanneer ons egter begin om só te voel, moet ons onthou dat God soveel groter as ons is. Net soos jou hond dalk nie verstaan waarom julle moet wag vir die groen lig om die pad te kruis nie, verstaan ons dikwels ook nie waarom God so lank met iets neem nie. Dit beteken egter dat daar 'n goeie rede is!
Prediker 3:1 stel dit so: "Elke ding het sy vaste tyd." Dit beteken dat daar 'n tyd is vir aangename dinge, maar daar is ook 'n tyd om voor uitdagings te staan te kom. Daardie uitdagings kan spanning skep. Dit kan ons bekommerd maak. Dit beteken egter nie dat hulle nie deel van God se plan is nie. Daardie plan het natuurlik 'n gelukkige einde ... selfs al kan ons dit nie nou sien nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.
More