Nie Goed NieVoorbeeld

Not Okay

DAG 2 VAN 28

In Bybeltye was moderne loodgieterswerk nog in die verre toekoms. Dit beteken dat 'n vinnige stort soggens of 'n glas water uit 'n nabye kraan buite die kwessie was. In plaas daarvan het die meeste dorpe op 'n plaaslike put staatgemaak. Elke oggend moes iemand van elke huishouding met 'n emmer of twee na die put gaan en soveel water skep as wat hulle huistoe kon dra. Dan moes daardie water spaarsaam gebruik word vir wanneer jy dit régtig nodig gehad het — anders sou dit nog 'n uitstappie na die put beteken.

Dit het daartoe gelei dat mense in Jesus se tyd baie versigtiger moes wees voor hulle 'n slukkie water sou neem. Dit was waarskynlik redelik uitdagend! Hulle het in 'n warm klimaat gelewe, oral waar hulle wou wees gestap en bykans almal het 'n klomp dagtake gehad wat liggaamlik veeleisend was. Mense het gereeld dors geword. Tog moes hulle versigtig wees hoe dikwels hulle water gedrink het.

Jy kan dus verstaan waarom Jesus se woorde in vandag se Skrifgedeelte sy aanhoorders redelik opgewonde gemaak het. Water wat sou veroorsaak dat jy nooit weer dors word nie? Wie sou nie daarvoor aangemeld het nie?!

Jesus het egter nie van liggaamlike dors gepraat nie. Hy het gepraat van iets dieper en selfs belangriker — Hy het gepraat van die hoop van Hy bied. Vir die meeste van ons is hoop iets wat maar vinnig opraak. Ons raak bekommerd of gespanne en dit voel sommer of alle hoop verlore is. Jesus sê egter dat een slukkie van sy hoop sal veroorsaak dat ons nooit weer dors sal raak nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Not Okay

Ons sal vier van die groot bronne van spanning ondersoek, wat almal van ons moet trotseer, en kyk hoe die woorde van God ons kan vertroos, leiding gee en met elkeen help. Ons sal praat oor wat Jesus aan ons bied wanneer dit nie met ons goed gaan nie. Wat wil God hê moet ons weet wanneer mense ons verwerp, wanneer dit nie maklik is om die regte ding te doen nie en wanneer ons bekommerd is — ons sal sien wat God daaroor sê.

More

Ons wil graag vir Stuff You Can Use bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://growcurriculum.org