Leesplan inligting

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 10 VAN 43

Lees: Nehemia 4:1–5; Genesis 13:1–18; 19:36–38; Numeri 22:3–6; Deuteronomium 2:19;

23:3–4; Psalm 54:5–7

SOAP: Psalm 54:5–7

"Want vyande staan teen my op, geweldenaars soek my lewe, hulle hou geen rekening met God nie.(Sela) Maar vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand. Laat die onheil wat my teëstanders beplan, op hulleself neerkom. U is getrou: vernietig hulle."

Oordenking

Die volgende paar hoofstukke van Nehemia (hoofstukke 4–6) vertel van die teenstand waarmee die Jode te doen gekry het toe hulle begin het met die herbou van Jerusalem se mure. Die skrywer van Nehemia het doelbewus hierdie besonderhede ingesluit om sy lesers te herinner dat teenkanting teen God se werk nie ‘n rede is om op te hou nie.

Die twee mans van wie die Jode die meeste teenstand met hulle pogings om die muur te herbou was Sanballat die Goroniet (Goron was ‘n stad in Moab, dus was hy ‘n Moabiet) en Tobija die Ammoniet. Die Moabiete en Ammoniete was broers en vyande van die Jode. Beide volke het van Lot afgestam, die broerskind van Abraham, die voorvader van die Joodse volk. God het vir Lot sowel as Abraham se nageslag grond gegee, en die Israeliete het die grense gerespekteer wat God vasgestel het.

Op reis deur die woestyn na die beloofde land het die Moabiete en Ammoniete egter die Israeliete teengestaan en hulle nie gehelp nie. Daarom het God ‘n duidelike onderskeid gemaak tussen sy volk en die mense van hierdie nasies. Dit was dus geen wonder dat die grootste teenstand teen die herbou van Jerusalem se mure van ‘n Moabiet en ‘n Ammoniet gekom het nie. Hierdie mans het die Jode as gevolg van geslagtelange konflik gehaat en voortgegaan om hulle te opponeer, al was hulle werk met die uitdruklike toestemming en onder die beskerming van die heersende owerhede van daardie tyd.

Solank God se volk sy werk gaan doen en sy doelwitte bereik, sal daar teenstand wees. God verwyder nie alle teenstand teen sy wil nie, en teenstand is nie ‘n teken dat God nie aan die werk of nie in beheer is nie. Teenstand maak ons meer afhanklik van God. Dit maak ons meer vasberade om getrou te bly aan die roeping wat Hy ons opgelê het.

Net soos Nehemia moet ons God se getrouheid onthou wanneer ons voor teenkanting te staan kom. Hy sal ons help om die taak wat Hy ons opgelê het, te voltooi en Hy sal oor sy volk waak en hulle beskerm totdat sy wil geskied. Dit maak nie saak wie ons opponeer nie. God sal miskien nie onmiddellik die teenstand wat ons ondervind uit die weg ruim nie, maar Hy is altyd getrou om vir ons deursettingsvermoë te gee terwyl ons sy goeie werk voortsit.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid