Leesplan inligting

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 11 VAN 43

Lees: Nehemia 4:6–14

SOAP: Nehemia 4:14

"Daarna, toe ek agterkom dit is nodig, het ek die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk toegespreek: 'Moenie vir hulle bang wees nie. Dink aan die Here, groot en ontsagwekkend, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vrouens en julle huise.'”

Oordenking

Die teenkanting teen die herbouery het aangehou. Toe die volk onwrikbaar bly, het hulle vyande hulle met groter geweld teengestaan. Hulle het saamgesweer om Jerusalem met ‘n leër aan te val en die mense dood te maak. Hulle haat vir die Jode het hulle gedryf om alles in hulle vermoë te doen om die herbouery tot stilstand te dwing.

Nehemia het aangehou bid. Hy het die mense gelei om terug te draai na God en Hom te vra om hulle vyande te keer. Sanballat, Tobija en die ander wat hulle teengestaan het, het nie besef dat God die Jode gehelp het nie. Al was die Jode kwesbaar, was hulle God beslis nie. Hy sou vir hulle veg en hulle beskerm. Nehemia het dit geweet en die mense herinner wie hulle God is. Hy het hulle bemoedig en vermaan om aan God te dink, nie bang te wees nie en vir hulle gesinne te veg. Hulle het vir God se eer en die voortsetting van die werk geveg. Niks wat hulle vyande kon doen, kon God se werk en voornemens verydel nie.

Ons het ook ‘n baie werklike vyand. Ons vyand mag dalk nie lyk soos ‘n werklike weermag wat ons kom aanval nie, maar daar is ‘n geestelike weermag wat elke dag ‘n aanval teen ons beplan. Die duiwel se haat vir ons sal hom aanspoor om alles in sy vermoë te doen om die werk te stop wat God in en deur ons doen.

Nehemia het nie vreesbevange geraak toe sy vyande die aanval beplan het nie, en ons ook nie. Deur Christus het ons krag ontvang, en al wat ons moet doen om vas te staan, is om na Hom op te kyk. Hy het belowe om ons te beskerm, te bewaak en vir ons te veg.

Ongeag waarvoor ons te staan kom, ongeag in watter geveg ons onsself bevind, ons kan Nehemia se vermaning ter harte neem: Moenie bang wees nie, onthou die groot en ontsagwekkende God wat ons dien is altyd, altyd besig om namens ons te veg. Ons kan die vyand, die magte van die duisternis en die heersers van die wêreld beveg as gevolg van sy mag. Mag ons krygers wees wat bid, op God vertrou om namens ons te veg en terselfdertyd bereid is om op te staan en te veg wanneer Hy ons daarvoor oproep.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid