Leesplan inligting

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 12 VAN 43

Lees: Nehemia 4:15–23; 1 Petrus 5:8–10

SOAP: 1 Petrus 5:8–10

"Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak."

Oordenking

Die Jode het ‘n plan gehad om teen hulle vyand weerstand te bied. Hulle het saamgewerk, party het wag gestaan en ander het gewerk, maar almal was te alle tye slaggereed. Hulle het geweet hulle veg nie alleen nie. Nehemia het die muur gepatrolleer en was oorgehaal om die mense teen ‘n aanval te waarsku. In so ‘n geval sou die mense by die plek waar aangeval word, gaan help — waar dit ook al was — om mekaar te ondersteun en te help veg. Ons het ‘n soortgelyke plan nodig om die planne van die vyand teen te staan. Ons kan dit nie alleen doen nie.

Ons het ons geloofsgemeenskappe om ons nodig wat almal saamstaan om vir mekaar te veg wanneer een van ons aangeval word. Ofskoon die aanvalle waarvoor ons te staan kom nie so opsigtelik is as die aanvalle op die Jode toe hulle die muur herbou het nie, kan ons steeds die vyand se vordering beveg en ons broers en susters in die geloof beskerm.

Ons is dalk nie besig om ‘n fisiese muur in ons lewens te herbou nie, maar God is altyd aan die werk. Wat Hy ook al in jou lewe doen, weet dit: daar is ‘n baie werklike vyand wat alles in sy vermoë sal doen om God se werk te stuit.

Ons moet waaksaam en te alle tye bewus wees van die planne van ons sielsvyand, wat sy bes doen om ons op enige moontlike manier te verslind. Net soos die Jode voorbereid was op ‘n aanval deur hulle swaarde en wapens saam te dra, moet ons ook wakker en oorgehaal wees vir ‘n aanval. Ons doen dit deur standvastig te bly in ons geloof, vir mekaar te bid en as ‘n liggaam van Christus verenig te bly (Efesiërs 6:10–18).

God is besig om sy koninkryk op aarde te bou en te werk vir sy eer en die welsyn van sy volk. Omdat ons sy dienaars is, moet ons oorgehaal wees vir ‘n aanval deur die duiwel. Ons moet waaksaam en gereed wees om te alle tye die vyand met gebed en met die waarheid teen te staan. Die Jode wat die muur herbou het, het swaargekry en gesukkel terwyl hulle gewerk het, maar soos ons binnekort sal sien, het God hulle beslis herstel. Hy sal dit vir ons ook doen. Hou aan om Hom te vertrou en hou aan om die vyand te weerstaan.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid