Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 16 VAN 43

Memoriseervers:

"Ek stuur toe boodskappers na hulle toe en sê: 'Ek is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?'”

Nehemia 6:3

Uitdaging vir die week:

Nehemia is nie afgeskrik deur die pogings wat sy vyande aangewend het om sy aandag af te lei en hom te diskrediteer nie. Wat kan jy doen om gefokus te bly op die werk wat God jou gegee het? Neem hierdie week tyd om die Woord van God oop te maak en Hom te vra vir spesifieke leiding. Om sy Woord te ken is die enigste manier hoe ons seker kan wees dat dít wat ons gevra word om te doen, van Hom is.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans