Leesplan inligting

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 18 VAN 43

Lees: Nehemia 6:1–9

SOAP: Nehemia 6:3

"Ek stuur toe boodskappers na hulle toe en sê: 'Ek is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?'”

Oordenking

Die herbou van Jerusalem se muur het nie oornag gebeur nie. Die mense het aangehou werk, selfs al het hulle dreigemente van hul vyande ontvang. Toe baie vordering met die muur gemaak is, alhoewel daar nog baie oor was om te doen, het die vyande van die Jode gepoog om Nehemia leed aan te doen en die werk aan die mure te staak.

Nehemia het die planne van sy vyande herken, maar hy het geweier om met hulle te kommunikeer. In plaas daarvan om hulle terug te tart, in plaas daarvan om vir hulle te sê hy weet wat hulle beplan, en in plaas daarvan om in hul strikke te trap, het Nehemia gefokus op die taak waarmee hulle besig was. Hy het geweier om die belangrike werk waarmee hy mee besig was, te stop, selfs al was dit om sy vyande te keer.

God het vir Nehemia ‘n belangrike werk gegee. Die werk was nie belangrik omdat die muur 'n groot, prominente stad sou beskerm nie. Die herbou van die muur is nie gedoen om Jerusalem vir geveg voor te berei of om hul plaaslike vyande te verslaan nie. Die werk wat Nehemia gedoen het, was belangrik, want dit was om God te eer. Die herbou van die muur is gedoen as 'n daad van aanbidding om die Naam van God in die land te handhaaf en te eer. Nehemia het geweet hy doen die werk vir God en die volk van God, en dit het die taak belangrik gemaak.

Watter belangrike werk het God jou gegee om te doen? Dit lyk dalk nie vir enigiemand anders belangrik of die moeite werd nie, maar as jy werk om God se koninkryk te bevorder, om Hom te eer en te verheerlik, of om God se mense te dien en toe te rus, het jy ook ‘n belangrike opdrag gekry. Soos Nehemia, moet ons standvastig bly wanneer dinge moeilik lyk. Dit maak nie saak of aanvalle kom nie, hoe dreigend dit lyk nie, ons moet getrou en toegewyd bly, nie afgelei of afgeskrik word deur wat ook al ons dalk probeer keer nie.

God het vir ons almal 'n belangrike werk gegee: om dissipels van alle nasies te maak. Watter rol Hy jou ook al in hierdie taak gegee het, bly betrokke, bly getrou en bly gefokus. Moenie dat die vyand jou aandag aftrek nie. Jy is besig met belangrike werk, werk wat jou tyd, moeite en hulpbronne werd is. Kom ons hou aan met hierdie belangrike taak totdat dit klaar is.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid