Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 22 VAN 43

Oordenkingsvrae:

1. Nehemia was getrou in klein dingetjies, daarom het God aangehou om hom meer verantwoordelikheid oor sy mense te gee. Hoe belangrik is die taak wat aan jou gegee is? Hoe kan jy getrou wees, ongeag hoe onbelangrik dit op die oomblik vir jou mag voel?

2. Watter soort fokus en vasberadenheid is van Nehemia vereis om so te reageer op sy vyande (Sien Nehemia 6:3)? Hoe kan jy dieselfde fokus hê in jou werk vir die koninkryk?

3. Wanneer jy raad of onderrig ontvang, hoe kan jy seker maak dat dit met die Woord van God ooreenstem?

4.Wat het God op jou hart geplaas wat te groot lyk om te bereik? Wat kan jy vandag doen om getrou te wees in die belangrike werk wat Hy vir jou gegee het?

5. Waarom is dit belangrik om die liggaam van Christus te bewaar? Hoe kan jy dit doen sonder om eksklusief te wees of ongelowiges weg te hou?

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans