Leesplan inligting

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 1 VAN 43

Welkom by ons Bybelstudie: Van Gebroke na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie herwaarts of derwaarts geweet het of wat jy volgende moet doen nie? Het dit al ooit vir jou gevoel asof daar geen kans bestaan om te herwin wat jy verloor het of om jou situasie te beredder nie?

Daar is goeie nuus! Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, elke situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder.

Die volk van Juda was gebroke, sonder beskerming en ver van God af. God het hulle egter nie daar gelos nie. Hy het ‘n getroue persoon aangestel om die volk terug te lei na Hom toe en vir hulle leiding te gee met die herbou van Jerusalem se muur. God het die volk geestelik en liggaamlik herstel, en Hy was heeltyd met hulle.

Wat God ook al besig is om in en deur ons te doen, Hy is altyd getrou om dit klaar te maak. Van Gebroke na Herstel is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor die boek Nehemia wat daarop fokus hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens aan die werk is.

Sluit by ons aan vir hierdie studie met ‘n joernaal, digitale hulpbronbundel of op ons "Love God Greatly"-toepassing. Soos ons deur die boek Nehemia werk en nader groei aan ons God wat herbou, herstel en verlos, sal julle ooreenstemmende Van Gebroke tot Herstel-inhoud, plasings in webjoernale en gemeenskapsgroepe aantref.

Wat is SOAP?

Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies. Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en om meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te "SOAP" en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir "Scripture":

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord sal openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf!

Die O staan vir "Observation":

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir "Application":

Dit is wanneer die Woord van God persoonlik toegepas word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir "Prayer":

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe as Hy dit vir jou uitgewys het.

Inleiding

Die Boek Nehemia toon die aangrypende getrouheid van God aan sy verbondsvolk. God het sy lojale dienaar Nehemia gebruik om sy volk terug te lei na Jerusalem en om die muur van die stad te herbou. Nehemia het nie net die bouery gelei nie, maar hy het ook die volk aangemoedig om hard te werk en God weer na behore te aanbid. Nehemia was die getroue leier wat die volk nodig gehad het om hulle te herinner aan die getrouheid van hulle God gedurende 'n tydperk van oorgang en herbou.

Die boeke Esra en Nehemia is een werk in die Hebreeuse Bybel; saam bied hulle 'n volledige verslag van die terugkeer van die Babiloniese ballinge na Jerusalem. Die gekombineerde vertelling bied die verhaal van die ballinge se terugkeer oor twee tydperke, elk gekenmerk deur twee prominente leiers. Esra (die eerste tydperk) teken die herbou van die tempel onder Serubbabel en Josua, die priester, aan. Nehemia (die tweede tydperk) gee besonderhede oor die herstel van die aanbidding van God en die herbou van Jerusalem se mure onder Esra en Nehemia.

Die gebeure in Esra en Nehemia vind plaas tussen 600 en 400 v.C., van die tydperk van die ballingskap van die volk na Babilon tot die terugreis van Nehemia en sy werk om die muur van Jerusalem te herbou. Esra word tradisioneel beskou as die skrywer van beide boeke, sowel as 1 en 2 Kronieke, en geleerdes neem aan dat hy waarskynlik die boeke saamgestel het deur verskeie dokumente en bronne te gebruik.

Die Boek Nehemia maak dit duidelik dat God sy volk nie net een keer herstel het nie. Inteendeel, Hy het sy volk herhaaldelik, konstant en voortdurend herstel. Nehemia was die leier wat God gebruik het om die volk aan te moedig en aan te spoor om God weer behoorlik te aanbid. Nehemia se getroue leierskap weerspieël die getroue leierskap van God. God het nie net sy volk teruggelei na die land wat Hy aan hulle belowe het nie, maar Hy het by hulle gebly om sy wil te volbring, selfs in hulle tye van ontrou. Terwyl ons daarna streef om God heelhartig lief te hê, kan ons rus in die vertroue dat Hy altyd ons beste belange op sy hart dra en dat Hy die Getroue Leier is wat ons altyd kan vertrou.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid