Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 20 VAN 43

Lees: Nehemia 6:15–19; Job 42:2; Psalm 37:22–24

SOAP: Job 42:2

“Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit.”

Oordenking

God was met Nehemia. Die muur van Jerusalem is in net twee-en-vyftig dae herbou. Dit was 'n geweldige kort tydlyn vir so 'n konstruksieprojek, selfs vandag! Selfs met al die opposisie, met al die pogings om die werk te stop en Nehemia te keer, het die mense van Juda daarin geslaag om die muur te herbou, want God was met hulle.

Nehemia het met durf verkondig: “hulle het geweet ons doen hierdie werk met die hulp van ons God” (Nehemia 6:16). Hy het deur die hele projek God se hand in hulle werk gesien en daarvan getuig. Hy het vir die mense gesê dat God sy goeie hand oor hom gehou het (Nehemia 2:8), hy het geweet God het dit op sy hart gelê om die muur te herbou (Nehemia 2:12), hy was vol vertroue dat God hulle werk sou laat slaag (Nehemia 2:20), dit was duidelik dat God die planne van die vyand verydel het (Nehemia 4:15), en hy het vertrou dat God vir hulle sou veg (Nehemia 4:20). Die herbouing van die muur van Jerusalem is slegs deur die hulp van God voltooi.

God gee ons dikwels 'n roeping wat net Hy kan volbring. As ons dink ons moet dit op ons eie en in ons krag doen, kan ons in die versoeking kom om tou op te gooi as die take te moeilik word. Maar wanneer ons weet dat die werk onmoontlik is sonder God se hulp, word ons gedwing om Hom van die begin af te vertrou. En wanneer ons toelaat dat God werk, wanneer ons Hom vertrou om deur ons te werk en vir ons te veg, sal ons sien hoe Hy meer bereik as wat ons ooit gedink het moontlik was.

Net God kan berge versit. Net God kan harte verander. Slegs God kan enige omstandigheid omkeer en ten volle verlos en herstel. Ons vyand sal nie maklik tou opgooi nie, maar ons het God aan ons kant en sy doel kan nie gestuit word nie. Wat het God op jou hart geplaas wat te groot lyk om te bereik? Wees verseker dat God meer as in staat is om dit te doen wat onmoontlik lyk. Vra Hom daarvoor en vertrou Hom om jou vooruit te gaan en in moeilike situasies namens jou te werk.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan herstel en beredder. Hierdie Bybelstudie oor die boek Nehemia fokus op hoe ons moet reageer wanneer ons sien hoe kragtig God in ons lewens werk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans