Leesplan inligting

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 13 VAN 43

Lees: Nehemia 5:1–5; Deuteronomium 23:19–20; Spreuke 3:27; 19:17

SOAP: Spreuke 19:17

"Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed."

Oordenking

In vandag se leesstuk word ons daarop attent gemaak dat sommige Jode nie ander Jode behandel het soos God dit wil hê nie. God het die Israeliete afgesonder as sy uitverkore volk, en hulle was veronderstel om anders te leef en op te tree as ander volke. Dit het beteken om volgens ‘n ander stel morele standaarde te leef, en het ook gegeld vir die manier waarop hulle met mekaar omgegaan het.

Een van die opdragte wat God aan sy volk gegee het, was om nie rente van mekaar te vorder nie. As iemand in nood was, moes die Jode hul mede-Jode help, nie rente op terugbetalings verwag nie, en die een wat die geld geskuld het, genadig wees. Die Jode kon rente vorder van vreemdelinge, maar hulle optrede teenoor mekaar moes ‘n toonbeeld wees van God se genade en die wyse waarop hy sy volk van ander volke afgesonder het.

Terwyl die muur herbou is, het die meer vermoënde Jode egter nie hulle volksgenote behandel soos God se bedoeling was nie. Baie van die mense wat aan die muur gewerk het, het hulle landerye en families gelos om die werk te voltooi. Dit het beteken hulle kon nie voedsel verbou of geld maak om kos te koop nie. Die ryker Jode het geld aan hulle geleen maar het rente gehef en hul kinders as slawe gehou totdat die skuld afbetaal was. Die ryk Jode was meer begaan oor 'n geleentheid om geld te maak as om die werk van God te bevorder of om na hulle broers en susters om te sien.

As God se volk moet ons anders as die wêreld lewe. Ons moet mildelik gee aan mense in nood, veral diegene in God se familie. In plaas daarvan om iets terug te verwag of om iemand aan skuld te onderwerp, wil God hê ons moet vrygewig en genadig wees met wat Hy aan ons gegee het. Ons moet meer besorg wees oor die uitdra van die evangelie en die welsyn van God se mense as oor ons eie gemak en veiligheid. As ons dit doen, kan ons vol vertroue wees dat Hy sal aanhou om ons te seën en alles wat ons nodig het te voorsien.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid