Leesplan inligting

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek NehemiaVoorbeeld

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

DAG 14 VAN 43

Lees: Nehemia 5:6–13; Jesaja 1:17

SOAP: Jesaja 1:17

"Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees."

Oordenking

Toe Nehemia hoor van die uitbuiting onder sy mense was hy baie kwaad. Nogtans het hy nie uit woede gereageer of opgetree nie maar lank nagedink hoe hy die probleem moet aanspreek en oplos. Ons sien dit dikwels by Nehemia. Wanneer hy nuwe inligting omtrent die lot van sy mense ontvang het, het hy tyd gemaak om te bid, na te dink, te beplan en met wysheid op te tree.

Nehemia het die onreg erken wat sy mense aan mekaar aandoen. Wat hulle gedoen het, was verkeerd, lynreg in stryd met die opdragte wat God aan hulle gegee het. Nie net was hulle optrede strydig met wat God in die wet (kyk Deuteronomium 23:19–20) beveel het nie, maar dit het God se volk benadeel en die bouwerk in die wiele gery.

As leier van die volk het Nehemia hulle aangesê om hulle te bekeer. Nehemia het die mense verdedig wat uitgebuit is en hulp nodig gehad het. Hy het oortreders vermaan om van hulle sonde af te sien en hulle mede-Jode te help. Die volk het geluister en hulle het waarmee hulle besig was, laat staan. Hulle het Nehemia se leierskap gevolg en geleer om die volk van God te verdedig.

Voordat God sy volk in ballingskap laat gaan het, het Hy spesifieke opdragte vir hulle gegee oor hoe hulle as sy volk moes leef, en wat hulle moes doen om na Hom terug te keer. Hoewel Nehemia veel later geleef het, het hy hierdie opdragte gehoorsaam. Hy het geleer wat reg was, geregtigheid onder die Jode bevorder, en vir die verdruktes rede gegee om bly te wees. Hy het die saak opgeneem en die regte verdedig van die weerloses en diegene wat geen regte gehad het nie.

Nehemia se durf het ‘n einde gemaak aan die verdrukking van God se volk. Ons het dalk nie soveel mag en outoriteit as wat Nehemia gehad het nie, en sal dus miskien nie dieselfde resultaat behaal wanneer ons vir geregtigheid standpunt inneem nie. Maar wanneer ons vir die verontregte veg, maak ons ‘n verskil vir hulle. Ons kan nie sisteme of kulture van verdrukking en onreg oornag verander nie, maar, soos Nehemia, kan ons doen wat reg is, geregtigheid bevorder en vir die verdruktes rede gee om fees te vier.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Van Gebroke Na Herstel - Die Boek Nehemia

Was jy al ooit so stukkend dat jy nie geweet het wat jy volgende moet doen nie? Ongeag of ons dit kan sien of nie, God is altyd aan die werk. Hy is die Een wat elke lewe, situasie, slegte besluit of pynlike ervaring kan ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid