HerskepVoorbeeld
Verandering Verg Tyd
Deur Rick Warren
“Trek die nuwe mens as kleed aan, wat in ware geregtigheid en heiligheid in ooreenstemming met God geskep is” (Efesiërs 4:24 AFR20).
Wanneer God die gebreke in jou lewe wil verwyder, klap Hy nie net sy vingers sodat dit oombliklik gebeur nie. Hy doen dit geleidelik. Wanneer God 'n sampioen wil maak, gebruik Hy ses ure. Maar wanneer God 'n akkerboom wil maak, gebruik Hy 60 jaar.
Wil jy 'n sampioen of 'n akkerboom wees?
Die Heilige Gees sal veranderinge in jou lewe teweegbring wat groter is as wat jy jou ooit kan indink, maar dit gaan nie oornag gebeur nie. My gebed vir jou is dat jy deur middel van die werk van die Heilige Gees, die Woord van God en die ondersteuning van jou kleingroep, meer volwasse en meer soos Christus sal word, en nader aan jou doel sal wees oor 'n jaar, vyf jaar en tien jaar van vandag af.
My gebed is dat jy emosioneel, fisiek, geestelik, psigologies en finansieel sterker sal wees — jy moet dit egter doelbewus doen. Die Bybel sê: “Trek die nuwe mens as kleed aan, wat in ware geregtigheid en heiligheid in ooreenstemming met God geskep is” (Efesiërs 4:24 AFR20).
Dis hoe jy meer soos Jesus word. Die apostel Paulus sê: “Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Dit doen die Here wat die Gees is” (2 Korintiërs 3:18b).
Luister na die onderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More